Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Strate gaan suis met e-renne

Kaapstad staan op die punt om die eerste Suid-Afrikaanse stad te word wat gasheer sal speel vir ’n ronde in die internasionale Formule E-reeks, berig Franco Theronen Junaid Samodien.

Loop, boeta! Kaapstad speel vroeg volgende jaar gasheer vir ’n ronde in die internasionale Formule E-reeks vir batterygedrewe renmotors.

Die reeks vir enkelsitplek- batterygedrewe renmotors het reeds in 2014 begin, en het gou al die grootste vervaardigers se inskrywings gelok. Renne word in die wêreld se voorste glansstede aangebied, maar anders as met Formule 1 vind die renne nie op tradisionele renbane plaas nie, maar eerder op straatbane in die middel van die stad.

Jaguar, wat tans voorloop in die jaerstryd, was een van die groot ondersteuners om die reeks na die Moederstad te bring. Die Wes-Kaapse provinsiale regering se e-Movement-span, asook die Kaapstad-metro self, het ook hand bygesit.

Volgens Ian Banner, voorsitter van e-Movement, was dit ’n twee jaar lange proses van onderhandelings.

Sedert die eerste ren in 2014 het die Formule E-reeks fluks gegroei. Enersyds was daar tegnologiese innovasie, wat deurfilter na die ontwikkeling van e-gesinsvoertuie. Maar andersyds het die reeks ook groot vervaardigers (soos BMW, Mercedes, Porsche, Jaguar en Nissan) en groot tegnologiegroepe ge-lok.

Die reeks bestaan tans uit 12 spanne en 24 jaers.

Spanne gebruik ’n verskafte renmotor en enjin, maar kan klein tegniese veranderings hier en daar aanbring.

Die huidige motor is in sy tweede generasie van ontwikkeling en lewer 250 kW krag, en stel die renmotors in staat om in slegs 2.8 sek. te versnel.

Belangriker egter is dat die battery deesdae ook vir die duur van ’n ren gebruik kan word.

In die verlede moes die jaers halfpad deur die ren na die kuipe terugkeer en oorklim in ’n nuwe renmotor met ’n volgelaaide battery, sodat hulle die ren kon voltooi.

Suid-Afrika is vinnig besig om weer ’n groot naam in die internasionale motorsportwêreld te word.

Die afgelope drie jaar was Kaapstad gasheer vir ’n ronde van die WRX-reeks, terwyl Kyalami in Johannesburg gasheer was vir twee rondes van die WRC-uithoureeks met sy nege-uur-uithouren.

Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.