Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Strepe op die pad hou gevaar in

Na aanleiding van die berig oor die N1 wes van Worcester stem ek volmondig saam dat foto 1 beslis ’n gevaarlike situasie uitbeeld.

Oral waar die pad in drie lane opgedeel is, moet dubbelsper­strepe geverf word wat verbysteek in albei rigtings verbied soos op foto 2. Myns insiens is dit nie eens nodig om daaroor kop te krap nie.

In die dubbelbaan-rigting is daar twee lane beskikbaar waar motoriste mekaar kan verbysteek. Dit is dus nie nodig om die oorkant van die pad ook te gebruik nie.

Daarteenoor moet verkeer in die teenoorgestelde rigting in hul enkelbaan bly vir die paar kilometers tot dit weer hul beurt is om dubbellane te kry.

Sanral moet hierdie gevaarlike situasie dringend regstel. Die leser wat so skerp was om dit op te merk moet geluk gewens word.

Volgens nuusberigte kry ’n mens die indruk dat daar gereëld ongelukke op die betrokke pad is. Dalk vanweë die padlyne?



Meer oor:  J. Joubert  |  Durbanville  |  Brief  |  Mystem  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.