Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Strepe só geverf gevaarlik, sê lesers
06 September 2018

’n Mens sien hierdie tipe strepe oral in die land, byvoorbeeld op die N1 tussen die Vaal-tolhek en Kroonstad, vir die volle Kroonstad-gedeelte van die roete (sowat 45 km).

Foto 1: Twee bane vorentoe, en een terug – maar almal mag mekaar verbysteek.

Foto 1

Voertuie regs kan verby gaan as daar geen aankomende voertuig in die linkerbaan 2 is nie. Hy moet egter oplet vir voertuie links van hom wat dalk na linkerbaan 2 wil beweeg, flikkerligte aansit en stadig van baan verwissel.

Voertuie links wat wil verbygaan, moet ook wakker wees en flikkerligte gebruik en stadig van baan verwissel.

Voertuie links wat nie wil verby gaan nie, moet links hou en nie in linkerbaan 2 ry nie.

Hierdie kombinasie-strepe is geverf sodat die regs-voertuie wel kan verby gaan (en nie opgehou word nie) wanneer daar min of geen verkeer in die linkerbane is nie.

Veral met relatief stadig bewegende vragmotors, begin ek al lank voor die tyd effens regs van die stippellyn ry sodat aankomende verkeer kan sien wat my voorneme is.

Enige voertuig mag ’n ander voertuig net verbysteek as dit veilig is.

Dit geld ook vir ’n enkelpad.

Foto 2: Twee bane vorentoe, een baan terug – maar wie mag nou mekaar verbysteek?

Foto 2

Ek neem aan in hierdie geval is die regs-voertuie se sigafstand nie ver genoeg om te besluit of hulle kan verbygaan nie.

Maar, as die sigafstand goed is en daar is geen voertuie links nie, word hulle onnodig opgehou.

Ek erken dat mens ekstra versigtig moet wees in hierdie situasies, maar as mens aan die slaap is, hou maar net in die linkerbaan.


Meer oor:  Herman Meyer  |  Benoni  |  Motors  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.