Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Styx kom ook oor die water

Hyundai se netjiese nuwe Kona word vandag in Suid-Afrika bekend gestel en ons is natuurlik self daar om meer van hom te wete te kom.

Hyundai het twee jaar gelede sy Carlino-konsepmodel in Indië uitgestal, wat ons reken ’n goeie idee gee van hoe sy nuwe Styx-sportnuts kan lyk.

Maar intussen het Hyundai ook planne om ’n kleiner, goedkoper sportnuts later volgende jaar na Suid-Afrika te bring.

Die nuwe Styx, soos hy ten minste op oorsese markte bekend sal wees, behoort teen Junie hier aan te land en sal onder die Creta en Kona op die portefeulje-leer inskuif.

Die Styx word op die Accent se onderstel gebou, wat hom dus in die liga van die Mazda CX-3, Ford EcoSport en selfs Renault Captur plaas.

Die nuwe baba-sportnuts sal egter heelwat meer basies in sy afwerking wees. Dit is ’n Indies ontwerpte model vir daardie land se mark en toestande. Verwag dus skoon, oop en eenvoudige oppervlakke, matige veldryvermoëns en ’n goeie grondvryhoogte.

Geen inligting oor enjins, ratkaste of pryse is sover bekend nie, maar ons reken enigiets tussen R200 000 en R250 000 sou ’n ideale teikenband vir Hyundai wees.

Meer oor:  Hyundai  |  Nuwe Model  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.