Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Suzuki se Swift kry die regte tyd vlerke

In die plaaslike motorbedryf moet een van die lekkerste plekke om te wees seker ’n Suzuki-handelaarskap wees. Die Japanse karretjies verkoop flukser as melktert by ’n basaar en die handelsmerk hou net aan met uitbrei in die land. Trouens, verlede jaar alleen het daar tien nuwe Suzuki-handelaars regoor die land oopgemaak.

Die resep is natuurlik “regte produk op die regte tyd”. ’n Bietjie geluk, kan ’n mens sê, aangesien die Covid-19-pandemie en swak regeringsbeleid wat die ekonomie en wisselkoers geknou het, die groep beslis ’n goeie hupstoot op die verkoopsvloere gegee het. Suid-Afrikaners soek vandag bekostigbare rygoed, en hiervan het Suzuki emmersvol van.

Een van sy gewildste modelle in die portefeulje is sy klein Swift. Met sy kompakte afmetings en lekker gerieflike rystyl (gaan beproef sy skerp draaisirkel – jy kan in ’n parkeergarage op ’n tiekie draai om by enige ruimte in te glip) is hy by heelwat kopers ’n kits keuse.

Suzuki het sy klein Swift enkele visuele opknappings gegee, soos die nuwe rooster en sierwiele. Ons hou veral van die sleutellose toegang-funksie.

Vir 2021 het Suzuki ’n paar opknappings aan die reeks aangebring. Die neus kry ’n nuwe sierrooster, en die allooiwiele het nou ook ’n nuwe ontwerp.

Die intree-GA-model kry voortaan ook parkeergonsers agter as standaarditem ingesluit, wat beslis nuttig is vir genoemde parkeerplek-soek by die winkelsentrum. Ander standaarditems op die hele reeks is die raakskerm vir jou radio en slimfoon, en iets wat ek self van hou, sy sleutellose toegang en aansitknop.

Suzuki sê stabiliteitsbeheer is nou ook ’n gegewe op al sy Swift-modelle. Vir topmodelle is daar nou ook ’n tweekleur-dak beskikbaar.

Iets wat ’n mens ook kan noem, is dat die outomatiese model (wat jy nie werklik wil hê nie, dis ’n gerobotiseerde handrat waar die voertuig self die koppelaar aktiveer as jy van rat wil verwissel) nou ook ’n vashoufunksie het as jy teen ’n bult moet wegtrek.

Die 1.2-liter se 61 kW en 113 Nm klink op papier maar so-so, maar teen so rondom 1,0 ton se gewig hoef die enjin nie te veel kilo’s rond te karwei nie. Sy krag-tot-gewig-verhouding is dus goed, in vergeleke met sy mededingers s’n. Goeie wringkrag kom ook handig te pas as jy vier mense in die voertuig sit.

Pryse:

Swift 1.2 GA – R180 900;

Swift 1.2 GL – R199 900;

Swift 1.2 GLX – R218 900.

Meer oor:  Suzuki Swift  |  Kompak  |  Motorbedryf  |  Bekostigbaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.