Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Sygladde CX-5 verras met sy doekvoet rit

Mazda het sy middelslag-sportnuts, die CX-5, ten tyde van die staat van inperking opgeknap en ons het die topmodel in die gesin, die 2.2 liter-diesel, as voorbeeld gekies om weer vertroud met dié gewilde leefstylvoertuig te word.

Saam met die Volkswagen Tiguan­ en die effens groter Volvo­ XC60 is die CX-5 een van die gewildste sportnutse in die segment.

Ons hou van sy mooi voorkoms, met veral die vloeiende lyne op die flanke en die stompneus en -stert wat dadelik opval.

In die binneruim was ons CX-5 ook met ’n nuwe, groter raakskerm toegerus, terwyl sleutellose toegang en ’n aansitknop als nou standaard is.

Vir ’n middelslag-sportnuts bied die Mazda CX-5 heelwat kopknikke op al die belangrike items soos voor­koms, afwerkings en toerusting. In sy dieselmodel het jy boonop ’n kragtige langpad-motor met ’n lae ver­bruik. Foto: Marnus Hattingh

Daar is ook ’n selfstop-funksie, waar die blikbrein self die motor sal laat ankers gooi as hy vermoed jy gaan in iets vasry. Maar jy moet mooi kyk op watter verstelling (daar is drie) jou voertuig is, want in sy sensitiefste opsie rem hy al as jy nog myle weg is van die mense voor jou.

Daar is sitplek vir vyf volwassenes in die CX-5 plus nog pakplek vir so vier of vyf sagte sportsakke. ’n Mens sit lekker hoog agter die stuur en jou sig reg rondom is ook goed. In die dorp kon ek lekker met vertroue in die verkeer deurwurm of parkeerplek vind danksy die skerp draaisirkel en die ligte stuuraksie.

Op die oop pad het die stil kajuit dadelik opgeval. Eintlik is dit ’n paar uitroeptekens werd. Jy moet dit werklik self ervaar, want Mazda het baie moeite met klankdigting gedoen om enige enjin-, pad- en windgeraas uit te doof. Selfs die tipiese dieselklank is omtrent nooit hoorbaar nie.

Dit laat die CX-5 na ’n veel duurder sportnuts voel as ’n middelslag-model. Teen net bokant die R600 000-kerf is die topmodel weliswaar nie meer so goedkoop nie.

Maar met sy 2.2 liter-diesel het jy ’n fris, gewillige kragbron (140 kW, 450 Nm) wat goed versnel en ’n lae verbruik bied – ek het so 5,7 liter gehandhaaf, wat goed is.

Prys: Mazda CX-5 – R666 100.

Meer oor:  Mazda  |  Sportnuts  |  Verras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.