Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Toyota herroep 5,8 m. voertuie weens brandstofpomp

Toyota het nou altesaam 5,84 miljoen voertuie herroep weens ’n foutiewe brandstofpomp.

Die Japanse motorvervaardiger het Woensdag gesê hy voeg nog 1,52 miljoen voertuie in die VSA by tot die herroeping wat in Januarie vir die eerste keer aangekondig is. Die herroeping dek talle modelle wat van Julie 2017 tot September vanjaar vervaardig is.

Toyota sê die voertuie se brandstofpomp kan ophou werk wat kan meebring dat die voertuig nie weer aan die gang kan kom nie. Handelaars sal die brandstofpomp deur ’n verbeterde weergawe vervang.

Die herroeping sluit in die 2013-2015 Lexus LS 460 en GS 350, die 2017-2019 Toyota Highlander en die 2017-2020 Toyota Sienna, asook die Lexus RX 350 en die 2018-2020 Toyota Avalon, Camry, Corolla, Sequoia, Tacoma, Tundra en die Toyota RAV4 vir 2019-2020.

– Reuters


Meer oor:  Toyota
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.