Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Turbine-enjins was inderdaad groot nuus in 1950’s
06 September 2018

Met verwysing na Knormoer se stuk oor turbine-enjin-motors (9 Augustus), net die volgende.

Knormoer verwys na die Chaparral 2J, maar dié interessante renmotor het eintlik min met turbine-enjins te doen gehad, en meer met stofsuiers. Die Chaparral se enjin was, soos Knormoer tereg opmerk, eintlik maar net ’n gewone V8-enjin.

Die Chaparral 2J-renmotor. Foto: Getty Images.

Ek vermoed Knormoer is nog te jonk om die groot bohaai te onthou wat daar destyds in die 1950’s en 1960’s oor die nuwe tegnologie van turbine-motors geheers het.

Ek onthou goed hoedat Chrysler in 1964 ’n konsepmotor op ’n wêreldtoer geneem het om hierdie nuwe tegnologie te demonstreer. Die motor het inderdaad destyds telkemale verby my huis in Nuwelandweg gery, soos wat dit die een belangrike gas ná die ander op sy Kaapstadse besoek na die suidelike voorstede geneem het, en dan weer terug na die middestad met De Waalweg bo teen Tafelberg.

Dit was ’n mooi sedan om na te kyk, maar ek onthou veral ook sy fluitende enjinklank wat hy gemaak het.

Benewens pogings om dit as gesinsmotors vatbaar te maak, was daar ook enkele renmotors gebou wat aan renne in Amerika deelgeneem het. Gaan Google gerus “Howmet TX”, “STP-Paxton Turbocar” en “Lotus 56”. Laasgenoemde twee het terloops ook op Indianapolis gejaag, en hulle was so vinnig dat daar sprake was dat die reëls verander sou moes word om plek vir dié soort voertuie te maak sou hulle op groot skaal begin deelneem het.

Vandag is ek eintlik bly hierdie soort voertuie het nooit posgevat nie. Dink net wat kan gebeur as een van daardie turbines se vane op hoë spoed loskom?

Meer oor:  Tony Eaton  |  Kaapstad  |  Brief  |  Chaparral 2J  |  Mystem  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.