Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Turbines het lang storie

Na aanleiding van Knormoer se artikel oor die “fên”, oftewel die gasturbinemotors as aandrywing (09/08), en Tony Eaton se reaksie daarop, wil ek ook ’n stuiwer in die armbeurs gooi. Oor die ingewikkelde tegnologie wil ek my nie uitlaat nie, maar wel oor ’n paar interessante en humoristiese gebeure.

Wat die Chaparral 2J betref, beaam ek Knormoer en Tony se beskouing dat dit meer te make het met stofsuiers as aandrywing. ’n Baie kragtige “stofsuier” nietemin, wat na bewering die Chaparral sonder sy aandrywing tot soveel as 60 km/h kon voortdryf!

Die afwaartse drukkrag is teoreties bereken as ongeveer 1 000 kg. Die “stofsuier” het stof en ander brokstukke oor die jaers agter hom gestrooi. Die Chaparral was weens oorverhitting en onbetroubaarheid egter nooit ’n groot sukses nie.

Rover het in 1963 saam met BRM ’n gasturbinemotor vir die Le Mans-uithouren ontwerp. Die kompressorturbine het teen 65 000 omwentelings per minuut gedraai, maar hy het slegs 110 kW gelewer. Die motor was betroubaar, maar kon “slegs” 233 km/h in die pylvak bereik – nie mededingend in daardie era nie. Sy brandstofverbruik was ook hoog, sodat hy eindelik die ren in die sewende plek voltooi het.

Rover het weer in 1965 ’n motor ingeskryf en daarin geslaag om die brandstofverbruik te halveer. Op die Sondagoggend het een van die turbine se vane egter met ’n groot geraas losgebreek en die enjin beskadig. Die motor kon nietemin die ren in die tiende plek voltooi met Jackie Stewart en Graham Hill agter die stuur.

Rover het hierna verdere ontwikkeling gestaak, aangesien dit te moeilik geraak het om die enjinhitte genoegsaam te beheer, asook die hoë brandstofverbruik.

Vir my is die juweelmotor van dié kategorie die Howmet TX. Ek was bevoorreg om hom tydens 2012 se Le Mans Classic in lewende lywe te siene te kry. Sy bulte en kurwes sit net op die regte plekke – ’n pragtige motor met sy Cortina-agterligte en al.

Sy turbine, wat vir helikopters ontwerp is, het 242 kW ontwikkel. Alhoewel hy sukses gesmaak het in voorafgaande renne en onder meer ’n derde plek ná twee Ford GT40’s behaal het, het nie een van die twee ingeskrewe motors die Le Mans-ren voltooi nie.

Benewens hul swaar brandstofverbruik het die turbinemotors ook stadig uit draaie uit versnel.

Dit is jammer dat hulle “verdwyn” het, want net om die turbines te hoor, was ’n onvergeetlike belewenis!

Meer oor:  Paarl  |  Motors  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.