Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Uithou-jaers sê: Lig die hoed vir die 51ste Dak

Die strafste motorfietsren op die vasteland, die Dak van Afrika, word hierdie naweek in Lesotho beslis.

Hou William Oosthuizen dié naweek dop in die jaarlikse Dak van Afrika-ren in Maseru, Lesotho, een van die strafstes in die land. Foto: Motorsportmedia

Die 2018 Dak van Afrika-uithouren is die 51ste in die geskiedenis. Twee van die jaers wat hul stempel wil afdruk op dié ikoniese ren wat langer as ’n dekade deur Alfie Cox oorheers is, is William Oosthuizen en Matthew Green, wat vir die Husqvarna-span jaag.

Die 20-jarige Oosthuizen van Mosselbaai is ’n held in die plaaslike uithourenreeks en jaag op ’n Husqvarna TE 300i, terwyl sy 16-jarige spanmaat Matthew, wat verlede jaar die hoërskoolkampioen was, op ’n Husqvarna TE 150 in aksie sal wees.

Talle internasionale jaers asook omtrent alles en almal wat aan die plaaslike motorfietsveldren- en uithourentitels deelneem, jaag ook in vanjaar se Dak. Sowat 400 inskrywings is ontvang.

Die byeenkoms begin môre, met die wegspringpunt in Maseru. Deel­nemers jaag in drie klasse (goud, silwer en brons) en die ren eindig Sondag weer in Maseru.

Meer oor:  Dak Van Afrika  |  Lesotho  |  Motorfietsren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.