Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Vars Kwid bied sakpas mobiliteit

Renault het sy klein Kwid in sy tuismark Indië, waar hy gebou word, pas ’n opkikkering gegee met die goeie nuus dat dié vars gekamde Kwid reeds vroeg volgende jaar sy opwagting by ons sal maak.

Joernaliste is steeds nie te gaande oor die Kwid nie, grootliks vanweë sy ritgehalte en so-so veiligheidskenmerke. Tog is hy ’n wegholsukses, in Suid-Afrika sowel as Indië. Wat weer eens ’n bewys is dat kopers bekostigbare mobiliteit soek – veral as dit in ’n aantreklike pakket soos die Kwid kom – bo verdagte veiligheidskenmerke.

Die klein klits van ’n Kwid is Renault se groot staatmaker in Suid-Afrika. ’n Opgeknapte weergawe is vroeg volgende jaar op pad.

Renault het weliswaar nou, twee jaar sedert die Kwid in Suid-Afrika bekend gestel is, ABS-remme standaard ingesluit asook ’n lugsak vir die bestuurder. Desondanks het die Kwid in bots-toetse slegs een ster ontvang vir die beskerming van insittendes.

Wat die opknapping betref, ry die Kwid nou op groter 14-duim-wiele teenoor die ou 13-duimers van weleer. Die groter wiele, vermoed ons, is om sy padgedrag en stabiliteit te verbeter.

’n Groter raakskerm sit nou bo in die instrumentpaneel van die opgeknapte Kwid. Die stelsel werk ook nou met stembevele.

Die enjin is onveranderd gelaat – jy kry steeds die klein eenliter-petrolkragbron wat 50 kW en 91 Nm wringkrag lewer. Maar die vering is tog ook bygekom om net soos met die groter wiele die algemene stabiliteit wanneer jy hard rem of teen spoed moet draai, te verbeter.

Voorlangs by die sierrooster spog die Kwid nou met ’n moderne voorkoms danksy die hoofligte wat nou ’n raps laer sit terwyl ’n nuwe streep LED-ligte bokant dit sit. Die LED-ligte sluit netjies by ’n chroomstaaf aan wat in die middel van die rooster van kant tot kant strek.

Agter het die remligte (LED-eenhede) nou ’n groot C-ontwerp gekry.

Binne sit ’n groter raakskerm op die instrumentpaneel en dié kan naatloos met jou Android- of Apple-slimfoon gekoppel word.

Die stelsel kan video’s speel, ’n foonnommer herken as jy dit hardop lees en bied ook ’n trukamera as jy trurat haak. Reg voor die bestuurder sit daar nou ook ’n toereteller.

Die Kwid bied mobiliteit aan ’n heel nuwe segment van die koperspubliek. Teen sowat R2 000 per maand kry jy nou ’n nuwe voertuig met versekering reeds daarby ingesluit. Dit is ’n ongelooflike pakket wat Renault bied, en verklaar die motortjie se gewildheid.

Meer oor:  Renault  |  Nuwe Model  |  Motors  |  Opknapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.