Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Vars Polo kry skerper neus en hope slimgoed

Volkswagen het sy gewilde Polo ’n opknapping gegee en die goeie nuus is dat hy reeds vroeg aanstaande jaar op plaaslike paaie sal wees.

Die Polo word steeds in Suid-Afrika gebou, by die groep se fabriek in Gqeberha, van waar dit ook in linkerstuur na die res van die wêreld verskeep word.

Ons hou van die opgeknapte VW Polo se nuwe LED-behandeling vir sy sierrooster, die dubbele stawe tussen die hoofligte lyk netjies. Slim LED-hoofligte met VW se Matrix-tegnologie sal ook ’n eerste keer op die Polo te kry wees.

Vir die opknapping het VW die rooster ’n mooi, plat voorkoms gegee deur ’n LED-staaf tussen die hooflighulse te plaas, sodat dit van kant tot kant strek.

Aan die agterkant het die remligte ’n nuwe voorkoms met ’n “vlerkie” aan die bokant van die lig wat na binne strek. Die Polo-naam pryk nou ook die eerste keer op die agterklap, in groot blokletters.

’n R-Line-model sal ook voortaan te kry wees met unieke 16-duim-sierwiele, blinkswart omlyning vir die rooster en luginlate, en chroom punte vir die uitlaatpype.

VW sê ook dat die Polo voortaan met sy Travel Assist-stelsel toegerus kan word, waar die klein Polo grootliks homself kan stuur op die snelweg.

Die stelsel benut die baanvolg-funksie (waar die motor self binne sy gekose baan sal bly) en volgbeheer, om sy afstand en spoed agter die volgende motor op die pad te handhaaf.

Ons sien ook dat ’n nuwe, digitale instrumentpaneel in die oorsese modelle te kry is, maar of dit volgende jaar in ons weergawes te sien sal wees is nog ’n ope vraag. VWSA sê hy wag eers tot Desember alvorens hy sy berekenings oor spesifikasievlakke en pryse gaan finaliseer. Ons vermoed as die rand aanhou om matig terug te keer na sy R16/euro-vlak van net voor die Covid-19-pandemie, mag ons meer weelde en tegnotruuks in ons Polo’s sien.

Wat enjins betref het die oorsese modelle geen veranderings ervaar nie. Daar is steeds die 1.0-liter-turbo met drie silinders vir die gewone modelle, en die GTI se 2.0-liter-turbo.

Meer oor:  Polo  |  Motors  |  Volkswagen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.