Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Verbruikersake:
Versekering is áltyd goeie idee

Of jy nou op soek is na ’n nuwe voertuig of alreeds ’n voertuig het, dit is altyd een van die belangrikste aspekte van motoreienaarskap om versekering vir jou voertuig te hê.

Versekering beskerm jou wanneer jy in ’n motorongeluk betrokke is. Let egter op die uitsluitings, soos onder watter omstandighede jou versekeraar jou nie sal vergoed vir jou skade nie.

Dit klink straks na ’n onnodige, en lastige, ekstra uitgawe. Maar as jy in ’n ongeluk was, of iets is uit jou motor gesteel, sal jou versekering jou help om jou skade te herstel. Of, belangriker, as daar ’n eis teen jou kom van ’n derde party (iemand wat saamgery het en beseer is in ’n ongeluk, of die ander voertuig­eienaar wat ’n eis teen jou instel).

Versekering is nie noodwendig in alle lande ’n voorvereiste nie. In Suid-Afrika moet jy egter ver­sekering uitneem as jy jou voertuig met behulp van motorfinansiering koop.

Onverwagte skade, soos dié bourommel wat onlangs op ’n voertuig in Kaapstad geval het, kan enige tyd voorkom.

Maar selfs al is jou voertuig al afbetaal, of het jy jou voertuig kontant aangeskaf, is dit steeds ’n goeie plan om versekering vir jou motor uit te neem.

Dit help om jou huiswerk te doen alvorens jy jou handtekening op die stippellyn neersit.

Versekeringspakkette verskil van mekaar en dit sal goed wees om eers seker te maak wat jou pakket alles bied – en veral wat dit alles uitsluit.

’n Maklike en gewilde soort pakket wat mense uitneem, is ’n omvattende versekeringspakket. Dit sal jou beskerm teen eise van ’n derde party as sy of haar voertuig skade gely het; of teen eise van passasiers in jou voertuig ten tyde van ’n ongeluk.

’n Omvattende pakket sal gewoonlik ook beskerming bied indien jou voertuig in ’n kaping gesteel is, as by jou motor ingebreek is, as dit aan die brand geslaan het of as dit afgeskryf moet word.

Hierdie soort pakkette beskerm jou ook teen enige insleep- en bergings­koste ná ’n ongeluk, ’n gesteelde radio of as ’n voorruit reggemaak of vervang moet word.

  • Versekering is dus ’n gewigtige saak en moet met erns benader word. Volgende keer sal ons meer fokus op watter faktore jou premie kan beïnvloed en waarom sommige bestuurders meer as ander sal betaal vir ’n eenderse voertuig se versekering.
Meer oor:  Versekering  |  Verbruikersake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.