Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Formule Een
Vettel bly dapper, maar Ferrari sukkel
“Hallo, ouens.” Sebastian Vettel (regs) probeer dapper lyk tydens die Japanse Grand Prix, maar Lewis Hamilton lyk minder beïndruk. Foto: Reuters

Vergeet van wat jy oor die Spilmoondhede in die Tweede Wêreldoorlog geleer het. Gluur jy na Sondag se Japanse Grand Prix, sal jy sweer êrens in die geskiedenis staan daar geskryf dat Italië se werklike bondgenote Indië (eintlik Dubai) en Suid-Afrika is – in plaas van Duitsland en Japan.

Waarom? Want die afgelope maand het die Ferrari-F1-span skynbaar ’n bladsy uit die Zuptas se ministeriële handboek gevat oor hoe om die wêreld te beroof van wat een van die skouspelagtigste kampioenskapstryde van die 2000’s kon gewees het, deur hul motors vrotter voor te berei as ’n taxi-ambulans by ’n plattelandse staatskliniek.

Sebastian Vettel moes uit twee van die laaste drie wedrenne onttrek en hulpeloos aanskou hoe sy aartsvyand, Mercedes se kwasi-rapper, Lewis Hamilton, só ’n reusevoortou op die punteleer opbou dat hy maar ’n loopbaan in rap kan najaag, die volgende twee renne uitsit – en steeds vanjaar se F1-kampioen kan word.

Wat het dan skeefgeloop vir Ferrari?

Soms steek die kwellendste vrae se antwoorde ’n mens se oog uit, maar bly jy blind. Die feit is Ferrari se aftakeling het eintlik al gemanifesteer by die Belgiese Grand Prix in Augustus, indien nie vroeër nie.

En al wou hulle hoe graag hul 70ste bestaansjaar met ’n oorwinning op hul tuisbaan vier, moes die rooi span weer vir hul paaltjies by Monza keer.

In ’n neutedop, aldus die Ferrari-spanbestuur: “gehaltebeheer”.

Die kreeftegang was egter reeds klaar toe Vettel twee weke later ’n byna gewaarborgde sege in die eerste paar honderd meter van Singapoer se straatren weggesmyt het. En toe ook nog het die vervanging van ’n foutiewe inlaatspruitstuk hom heel agter in Maleisië laat wegspring, gevolg deur ’n verdagte vonkprop op Suzuka.

Dit was als die laaste spyker in sy titeldroom-doodskis.

Moet ook nie die genadelose druk van F1 se ontwikkelingspas onderskat nie. Of ’n mens daarvan hou of nie, word sukses in topvlak-motorsport deesdae in laboratoriums behaal pleks van op die renbaan. Die topspanne werk ook onverpoos agter die skerms om elke komponent tot in die duisendste dimensie te verbeter.

Die weergalose wil om te wen bepaal dat onderdele soms verby hul perke gepoleer word, of nie genoeg tyd toelaat om hulle ordentlik voor die volgende ren te toets nie.

In ’n neutedop, aldus die Ferrari-spanbestuur: “gehaltebeheer”.

Om ’n idee te kry van hoe hard Ferrari vanjaar met hul ontwikkelingsprogram druk – en by implikasie bereid is om met hul betroubaarheid te dobbel, net om Mercedes te klop: In die 35 renne wat vanjaar se Singapoerse Grand Prix voorafgegaan het, het ’n Ferrari net twee keer weens meganiese redes gaan staan.

Dat Vettel se jongste sege so lank gelede soos 30 Julie in Hongarye was, sê eintlik alles.

Dit is gevolg deur Vettel wat later ook sy stempel afgedruk het in Bahrein en Monaco, maar die embrio van sy ondergang het begin gestalte kry op Silverstone op 16 Julie toe hy met ’n sewende plek tevrede moes wees nadat sy linkervoorband gebars het.

In dieselfde tyd het Hamilton vier seges en een tweede plek opgeraap. Die punteleer beloon bestendigheid – en Hamilton se voortgesette momentum teenoor Vettel se metronomiese teëspoed beteken dat die Brit nou sit met ’n tegnies onaantasbare voortou van 59 punte. Kortom, sy vierde jaerskroon wink volgende Sondag by die Circuit of the Americas in Texas.

Dis dieselfde baan waar hy in 2015 sy destydse spanmaat, Nico Rosberg, se finale aanspraak op die F1-kroon van daardie jaar nek omgedraai het.

By 2017 se openingsronde in Melbourne kom Ferrari uit die bloute – of eerder die rooite – soos ’n tergende Julius Malema met ’n bypassende beret, en laat die Mercedes-span hul spreekwoordelike sjampanje oor hul wapenskandaal-kontrakte uitspoeg (wie onthou nog die Tony Yengeni en Mercedes ML-“donasie”-skandaal?).

Dit is gevolg deur Vettel wat later ook sy stempel afgedruk het in Bahrein en Monaco, maar die embrio van sy ondergang het begin gestalte kry op Silverstone op 16 Julie toe hy met ’n sewende plek tevrede moes wees nadat sy linkervoorband gebars het.

En Hamilton wat voorspelbaar sy tuisren gewen het. En toe net aanhou wen het, terwyl hy Vettel se voorsprong – wat op ’n tyd soveel as 20 punte was – soos kanker weggekalwe het.

Tussen September en Oktober het ’n seisoen wat afgeskop het met die belofte van ’n onvergeetbare skouspel binne ’n kwessie van vier Sondae verarm tot die klug van ’n eenmanstryd.

Ja, dis neusie verby vir Vettel. Maar dis nie net hy en Ferrari wat Sondag verloor het nie: Die ganse F1-wêreld het.

Meer oor:  Mercedes Benz  |  Lewis Hamilton  |  Sebas­Tian Vettel  |  Motors  |  Renjaag  |  Formule 1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.