Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Vettel: Tyd vir groet?

Ek moet vir Braam Peens komplementeer met verlede week se Formule Een-berig oor al die gebeure op Monza. Dit lees soos prosa. Uitstekend!

Dink jy nie ook dit is tyd vir Vettel om te groet nie? Iets sê vir my hy het sy passie verloor. Seer sekerlik is daar jong manne wat nou by hom kan oorneem.

  • Enige sportman se grootste vrees is ’n jonger weergawe van homself, wat al hoe meer van die kalklig steel – en Charles Leclerc is daardie klippie in Vettel se skoen. Onthou, Vettel se vier opeenvolgende jaerskrone van 2010-2013 is almal verower met ’n swakker spanmaat. Na my mening het sy misloop van die jaers­kroon in 2017 en 2018 hom reeds gebreek.

Benewens die druk wat hy op homself plaas, is daar ook ongelooflike druk van verwagting binne Ferrari. Bloot sy lyftaal en intonasie in onderhoude spreek van iemand wat lankal nie meer geniet wat hy doen nie. As volgende jaar se kar weer ’n hond is, glo ek kan sy kontrak (wat dan uitloop) by Ferrari nie vinnig genoeg vir hom tot ’n einde kom nie. – Braam Peens

Meer oor:  Hein Combrinck  |  Pretoria  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.