Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Vivo kry nog straatslim-punte

Heita! Sê “howzit” vir die nuwe Vivo Mswenko.

Volkswagen SA het met ’n slim bemarkingsplan vorendag gekom deur in die land se ryke tapisserie van kulture te delf vir sy nuwe, mooigemaakte weergawe van die Polo Vivo.

Kappityt met jou nuwe straatslim Vivo Mswenko, ’n spesiale model in die Vivo-reeks wat op die 1.4-liter-Comfortline gegrond is.

Die Mswenko ontleen sy naam aan die Zoeloe-woord wat “spoggerig” beteken, en dit is presies die boodskap wat hy met sy kleurryke afwerkings wil oordra.

Die spesiale model sal slegs in vier kleure te kry wees (wit, grys, silwer en blou), terwyl die spoggerige 16-duim-wiele in ’n netjiese grys antrasiet-kleur afgewerk is.

Benewens die enkele Mswenko-kentekens op die bakwerk, kry jy ook kantspieëls wat in ’n kontrasterende kleur as die bakwerk getint is, uitlaatpype met ’n chroompunt, en ’n swartgeverfde dak.

Hmm, bietjie bonterig na ons smaak, maar VW sê hy kén sy mark.

Binnelangs kan dinge dalk vir sommige smake ’n bietjie bont raak, maar vir sy teikenmark is bonter beter. Let op die ligblou insetsels by die sitplekke se bekleedsel, die grys dakvoering, en die silwer panele op die instrumentpaneel. Die stuurwiel en rathefboom is ook met sagte leer oorgetrek.

Volkswagen sê die Mswenko, wat op die 1.4-liter-Comfortline Vivo gegrond is, is op die jonges van gees gemik wat graag ’n bietjie in die vaal landskap wil uitstaan.

Teen R246 900 is hy R18 300 duurder as die Comfortline. ’n drie jaar/120 000 km-waarborg is standaard, maar jy sal ekstra moet opdok vir ’n diensplan.

Meer oor:  Polo Vivo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.