Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Volgende Atos beloof Euro-styl

Terwyl die rand teen die toue is – en SA verbruikers daarmee saam – val vervaardigers oor hul voete om sakpasmodelle na die mark te bring.

Die jongste in dié tendens is Hyundai, van wie dit ’n ope geheim is dat hy sy nuwe Atos reeds vroeg volgende jaar na Suid-Afrika wil bring.

Onthou nog die ou Atos? Hyundai se Indiese filiaal het pas dié skelmfoto’s van die jongste Atos uitgereik. Die stadsknaap is vroeg volgende jaar hier teen ’n baie billike prys – en met beter stilering as vanmelewe se Atos.

Die Atos was ’n dekade gelede ’n gewilde klein stadsmotortjie in ons mark. Sy ontwerp was straks koddig met sy hoë dak en regop lyf, maar ’n billike prys en maklike hantering het hom ideaal as ’n stadsryding vir ma’s of ’n studentemotor gemaak.

Sedertdien het Hyundai die moderner i10 hier bekend gestel, van wie die jongste weergawe ’n effens groter model is, die Grand i10.

’n Nuwe Atos word egter nou in Indië ontwerp, en is inderdaad feitlik produksiegereed. Die plan is om hom nog voor die einde van die maand in Indië bekend te stel, waar hy as die Santro bekend sal staan.

Synde Indië net soos Suid-Afrika ’n regterstuurland is, sal daar nie ’n tydsvertraging wees soos met Europese vervaardigers om eers die voertuig na regterstuur te moet oorskakel nie.

In die binneruim, maak Indiese bronne bekend, het hul nuwe Atos ’n netjiese raakskerm wat jou nutsfunksies huisves, en jy sal jou slimfoon koordloos daarmee kan koppel.

Hyundai SA sal dus die nuweling sommer in ’n kits op ’n skip kan sit vir die Durban-hawe.

As jy wonder of die i10 dan nie alreeds die onderste deel van die mark voldoende dek nie, is die antwoord geleë in die prys. Dié deel van die mark is werklik pryssensitief. Terwyl mededingers soos die Datsun Go en Renault Kwid onder die magiese R150 000-kerf inkom, boks die Grand i10 eers teen R159 900.

Hyundai Suid-Afrika sal dus bitter graag sy kaarte reg wil speel om sy nuwe Atos volgende jaar teen onder R150 000 op die mark te plaas.

Presies wat die afwerkingsvlak gaan wees, en waaruit die meganika vir die nuwe Atos gaan bestaan, is nog onduidelik. Die Indiese weergawe gaan egter ’n 1.1-liter kry, gekoppel aan ’n gerobotiseerde outomatiese ratkas (dieselfde tipe as wat die outomatiese Kwid het). Dit is maar weens prys en eenvoud van gebruik vir ’n ontluikende mark wat Hyundai dié besluit geneem het.

Met Indiese wetgewing wat ook nie te streng is oor veiligheid nie, kan vervaardigers daar met meer wegkom: daarom dan dat die Indiese Atos slegs een lugsak voor (bestuurder) sal hê, en darem ABS-remme maar geen passasierslugsak nie, en ook nie ’n stabiliteitstelsel nie. Dit hou ook koste laer.

In die binneruim, maak Indiese bronne bekend, het hul nuwe Atos ’n netjiese raakskerm wat jou nutsfunksies huisves, en jy sal jou slimfoon koordloos daarmee kan koppel.

  • Die Indiërs vermeld ook ’n “kragtige lugversorger” en ’n trukamera, wat nogal luuks klink vir ’n voertuig in hierdie klas. Hyundai stel vandag sy nuwe Kona, sy Europees-gestileerde klein sportnuts, in die land bekend en ons sal die baadjie­draers gewis uitvra oor meer besonderhede oor die nuwe Atos.
Meer oor:  Hyundai  |  Nuwe Model  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.