Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Volgende Caddy sit die nut in nutsbus

Volkswagen staan op die drumpel om ’n nuwe Caddy bekend te stel in wat beloof om ’n bietjie ruk-en-rol na dié segment vir klein bussies te bring.

Die bekendstelling sal einde vandeesmaand in Europa plaasvind, met ’n regterstuurmodel wat straks teen die middel van die jaar sy weg na Suid-Afrika sal vind.

Skerper lyne en ’n nuwe lyf word vir die nuwe Caddy beplan.

Plaaslik het die Caddy – in ’n paneelwa- sowel as ’n gesinsbussie-formaat – heel goed gedoen. Volkswagen Suid-Afrika het die gesinsbussie byvoorbeeld ook in ’n langas-weergawe hier aangebied, en daar was selfs ’n Cross­Caddy met ’n sportnutskarakter.

Handelsvoertuie, waaronder die Caddy by VW val, bly veel langer op die rak as gesinsvoertuie en word nie so dikwels met ’n nuwe generasie omgeruil nie. In die Caddy se geval het hy egter al amper twee dekades vas­gebyt.

Die Caddy is op die ou Golf 5-onderstel gebaseer en het in 2004 reeds na die mark gekom. Deur hom as ’n gesinsbussie ook aan te bied, en dít boonop met ’n keuse van ’n kort en lang as, het VW hom goed aan die lewe gehou.

Die nuweling sal egter veel meer modern wees. As sulks is hy op die groep se jongste MQB-platform gebou, wat VW ook vir sy nuwe Golf 8 gaan inspan.

Wat die voorkoms betref, kan ons uit die voorlopige ontwerpsketse aflei dat hy nes die volgende Golf ’n mooi, skerper gesig gaan kry met nuwe aksent­lyne by die flanke.

Verwag weer die paneelwa- en gesinsbussie-variante, asook die standaard- en langas-modelle. VW beloof ook ’n enorme sondak vir die langas-model wat glo die grootste in sy segment sal wees.

In die kajuit gaan die nuwe Caddy ook VW se jongste digitale instrumentpaneel ontvang. Dit behels digitale panele voor die bestuurder en in die middel van die instrumentpaneel, waar al jou nutsfunksies, radio, satnavstelsel en trukamera gehuisves sal word.

Min inligting is nog oor die Caddy se enjins bekend, maar ons verwag dat die groep se 1.6- en 2.0-liter-turbodiesels weer diens sal doen, tesame met hul 1.5-liter-turbopetrol, almal gekoppel aan ’n agtgang- outomatiese ratkas.

Ons vertel meer sodra VWSA datums en pryse vir die nuwe Caddy bekend gemaak het.

Meer oor:  Volkswagen  |  Europa  |  Bekendstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.