Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Volvo gee sy XC60 ’n laaste opknapping

Volvo se middelslag-sportnuts, die XC60, het pas oorsee ’n opkikkering ontvang wat hom weer aan die voorpunt plaas van tegnologies gevorderde binneruime.

Die vars XC60 behoort later in die tweede kwartaal by ons aan te land, met die presiese modelkeuses vir ons mark wat dan ook eers bekend sal wees. ’n Netjiese SweedDie opknappings is grootliks op meer gevorderde tegnologie gerig, maar visueel het Jonson, Haraldson en Karlson van agter hul tekenborde ook met ’n paar netjiese truuks vorendag gekom om sy aangesig (voor en agter) vars te laat lyk.

Die rooster is nou ’n aks platter en breër, met ’n diep tweede lugopening wat onder die buffer pryk en soos ’n oop mond gaap.

Die ontwerp het ook iets van ’n F1-motor se neusvlerk in daardie voorkoms, vir ons.

Volvo het ook ’n paar ekstra sierwiel-ontwerpe as opsie aan kopers gegee, terwyl drie nuwe kleure (liggrys, donkergrys en silwer) hul debuut maak.

Laastens hou ons ook van die netjiese ontwerpbesluit om die uitlaatpype agter die buffer weg te steek.

Dit nou as ’n kopknik aan Volvo se onlangse besluit om binne die volgende nege jaar slegs e-voertuie te verkoop. Nuwe benamingsVan e-voertuie gepraat, die enjinkeuses vir dié opknapping bly gelukkig vir Suid-Afrikaners darem nog “normaal”. Jy sal steeds die 2.0 liter-petrol- en -dieselenjins kry, hoewel elkeen met ’n 48V-battery gekoppel is om matige e-krag te verskaf. In Europa is daar ook ’n inprop-hibriede-model. Almal is 4x4-gedrewe.

Om dié skuif na groen energie te reflekteer, het Volvo weggedoen met sy tradisionele T- en D-benamings vir sy petrol- en dieselmodelle onderskeidelik.

Die voertuie word nou deur ’n B-letter aangedui: Die T6 word dus nou die B6, en die D4 die B4.Stop-stop, spietkopIn die kajuit is die skerm voor die bestuurder nou opgeknap met ’n groter, digitale paneel wat nou hier pryk. Die skerm is so wyd soos ’n liniaal en bied beter grafika, sê Volvo.

Die grootste nuus vir die opgeknapte kajuit is dat Volvo ’n groot kontrak met Google geteken het om as basis vir sy inligtingstelsel te dien.

Voorts kan die Pilot Assist-selfstuurfunksie nou self remme aanslaan as die blikbrein vermoed jy gaan ’n botsing maak, en dié outo-remfunksie werk ook as jy agteruit ry.

Meer oor:  Volvo  |  Sportnuts  |  Opknapping  |  Middelslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.