Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Volvo, Micra maak stem dik

Ná twee intense dae van toetswerk op die Kyalami-renbaan maak Marnus Hattingh bekend hoe die 12 finaliste in vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie gevaar het.

Die jongste Nissan Micra is ’n lieflik ontwerpte stadsmotor – strate beter as sy rondelyf-voorgangers. Afwerkings is ook modern en die motor is smaakvol uitgerus. Maar het hy genoeg om die Polo’s van die wêreld ore aan te sit? En sy prys is ietwat styf.
Niemand gaan die Suzuki Swift as die Taylor Swift van die parkeergebied verwar nie. Daarvoor is sy voorkoms net te Asiaties gestileer. Die normaalgeaspireerde enjin kou ook harde bene op die Hoëveld. Maar ’n goeie prys en ’n lekker ligte stuuraksie en gemaklike hantering laat hom altyd vriende wen. Moenie verras wees as hy met die titel wegstap nie.
Die Renault Duster is so gewild dat dit al amper volksbesit geword het. ’n Goeie prys en puik veldryvermoë vir sy klas beteken hy het baie sin vir enigeen wat ’n bekostigbare sportnuts soek. Maar gee hy ’n groot genoeg tree vorentoe in sy segment?
Ja, daar is weer ’n Porsche op die kortlys. Dié keer is dit die Cayenne, ’n formidabele voertuig in eie reg. Voor jy “elitisme!” skree: Die Cayenne kos dieselfde as die BMW X5. En verkoop heelwat meer modelle in Suid-Afrika as die Beemer. Hy ry puik, kos dieselfde as sy mededingers en behou sy waarde veel beter. Maar nou redeneer ons logies en objektief . . .

Meer oor:  Volvo  |  Micra  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.