Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Voorsmaak van stylvolle Kiger

Nee, ons weet ook nie hoe jy hierdie naam moet uitspreek nie, maar Renault se nuwe Kiger (kie-ger? kaai-ger?) sal bes moontlik nog voor einde volgende jaar sy weg na Suid-Afrika vind as ’n intreevlak-sportnuts.

Die model wat ons hier sien, is weliswaar nog net die konsepmodel. Maar Renault se ontwerphoof, Laurens van den Acker, het klaar opgemerk dat hul Kiger in sy produksie-formaat nie veel gaan afwyk van wat ons hier sien nie. Wat ook ’n goeie ding is, want die Kiger lyk na ’n heerlik stylvolle straatnuts in egte Franse flair-styl, sonder hoekige, voorspelbare lyne.

Ons het verlede maand berig oor Nissan se nuwe Magnite wat in 2021 hiernatoe kom. Wel, die Magnite en die Kiger het inderwaarheid meganies heelwat in gemeen. Dit nou aangesien Renault en Nissan in vennootskap is en die groepe platforms en enjins onderling kan uitruil.

Renault se nuwe Kiger is nog net in konsepmodel-formaat gewys, maar Renault sê sy nuwe Indiese stadsnuts is bykans produksiegereed soos hy nou daar uitsien.

Hoewel die Magnite baie meer hoekig in sy voorkoms is (soos die Hyundai Venue), bied die Kiger ’n moderner, amper Captur-agtige waaghalsigheid wat sy moderne voorkoms betref. Kyk byvoorbeeld net na die C-pilaar, ingetrekte flanke en papierplat hooflig-ontwerp.

Albei die voertuie word in Indië gebou, vanwaar so baie van ons motors deesdae kom. Terloops, die Magnite/Kiger deel ook ’n platform met nog ’n bekende op SA paaie, die Renault Triber – die sewesitplekker wat aan ’n Toyota Avanza herinner.

Min is oor die Kiger se meganika bekend, maar ons weet dat hy slegs ’n voorwielgedrewe stadsnuts sal wees. Onder die enjinkap kan jy ’n 1.0-liter-petrolturbo (met drie silinders) verwag, met hand- en outomatiese ratkaste as opsies. Grondvryhoogte is ’n billike 21 cm, en daar is sitplek vir vier mense.

Dit gaan die strydgebied word oor die volgende paar jaar, dié vir klein sportnutse soos die Venue, die VW T-Cross en die Honda HR-V. Die Sandero Stepway en nuwe Honda WR-V is net ’n aks kleiner om met hulle mee te ding. Maar vir enige jong gesin wat hul rande moet rek, gaan die R300 000-pryskerf waarin hierdie babanutse almal boks, ’n besige speelgebied word. Maar met ’n mooi ontwerp soos wat die Kiger het, behoort Renault net van krag tot krag te gaan.

Meer oor:  Renault
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.