Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Wag eers met hoër spoedgrens vir SA
06 September 2018

As ’n persoon wat al oor die 40 jaar in die motorbedryf is, vind ek jou weeklikse bydraes baie interessant.

Die Padlangs-artikel oor ons spoedgrense, en of dit nie dalk tyd geword het om dit hoër te maak nie (09.08), het my egter na my pen laat gryp.

Ongelukkig kan ’n mens glad nie Suid-Afrika, of enige Afrikaland, met lande soos Duitsland, Oostenryk, Frankryk of enige Wes-Europese land vergelyk nie, en wel om die volgende redes:

  • Ons het ’n wettelose land. Met ander woorde, die padreëls wat ons het, word nie gehoorsaam of toegepas nie.
  • Ons standaard van bestuursvaardigheid is nie op ’n hoog genoeg peil nie. Te veel bestuurders is onbevoeg en het nie hul bestuurstoets wettig deurgekom nie.
  • Meer as 50% van die voertuie op die pad is nie padwaardig nie.
  • Ons voertuie is te oud. Daar is ook te veel afgeskryfde voertuie wat weer toegelaat word om herstel te word sodat hulle weer op die paaie toegelaat word.
  • Die toestand van ons paaie gaan al hoe meer agteruit. Nie net raak dit nou gevaarliker om op die paaie te ry nie, ’n hoër spoedperk gaan dié sterftesyfer ook net vererger.
  • En laastens, die gebruik van selfone terwyl mense agter die stuur sit raak net meer omdat die wet nie streng toegepas word nie. Dit veroorsaak baie ongelukke.
Meer oor:  Durbanville  |  Brief  |  Mystem  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.