Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Wat van verkeersbeamptes se arrogansie?

Knormoer praat onlangs (26.09) oor die arrogansie van die vrouebestuurder in Krugersdorp wat spore gemaak het met die verkeersbeampte wat op die enjinkap lê. 

Nou wat op aarde sou die beampte besiel het om so ’n onverantwoordelike ding te doen soos om op ’n bewegende voertuig te spring? Sou dit nie beter gewees het om slegs die voertuig se nommerplaat neer te skryf nie?

Ek stem saam met Knormoer dat dit verkeerd was van die bestuurder om weg te jaag, maar wil hy nie dalk iets skryf oor die ongelooflike arrogansie wat verkeersbeamptes soms openbaar nie?

Dit skreeu ten hemele en pas regtig nie by beskaafde amptenare nie.

Dit sou interessant gewees het as Knormoer, hoewel die bestuurder verkeerd was, ook haar kant van die saak gestel het. Beleefdheid word van albei kante gevra.

Meer oor:  Durbanville  |  Brief  |  Knormoer  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.