Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Welkom weer terug, Monsieur 5!

In die 1980’s het Renault ’n raakvat-wenner gehad in die gedaante van die klein Renault 5, en nou is daar opwindende nuus dat die Franse aan ’n moderne, retro-geïnspireerde weergawe vir 2025 werk.

Die Franse vervaardiger het verlede week enkele foto’s uitgereik van sy “Renualt 5 Prototipe”, ’n suiwer elektriese stadsmotor wat sy ontwerpers op destyds se gewilde 5 geskoei het.

Die 5 het met die Golf meegeding, maar steeds goed gevaar op die markplein. Dit was ’n rondritser vir jong mense, ’n pendelvoertuig met ’n lae verbruik en maklik om te parkeer in smal straatjies vir die middelklas, en les bes het die maniak van ’n GT Turbo-weergawe in die ikoniese (sommige sê vandag die berugte) Groep B-afdeling van internasionale tydrenne deelgeneem.

Heita! Hy lyk mos bekend. Renault sê sy Renault 5 Prototipe is net ’n konsepmodel, maar ons raai hy is naby aan markgereed. Die Franse wil die stadsmotor met die 1980’s as inspirasie in e-voertuig-gedaante na die mark bring.

Die 1980’s se Renault 5 was veral opmerklik met sy lang, skuins luikrug, die groot, grys plastiekskermstroke by die deure, en die luginlaat op die enjinkap wat so skeef links gesit het. Sommige modelle is ook met ’n mooi kursiewe lettertipe onder by die deure as Le Car bemark (die bus).

Renault is vandag met ’n groot omwenteling in sy sakeplan besig. Die groep wil teen 2025 sewe nuwe e-modelle, waaronder die nuwe Renault 5, op die toonvloer hê.

Renault het niks van sy aandryfstelsel of platform gesê nie, maar ons vermoed hy sal die klein Zoë of Twizy – die groep se bestaande e-modelle – se platform kan inspan. Aangesien dit slegs ’n stadsbuks sal wees, en Renault dit ook duidelik gemaak het dat hy “e-mobiliteit wil demokratiseer” met die nuwe 5, verwag ons dat Renault nie te veel geld gaan uitgee aan groot batterypakke of kragtige motore vir die 5 nie. Dit nou om kostes so laag moontlik te hou. Die voertuig moet bloot in die stad kan pendel, en bekostigbaar vir soveel as moontlik mense wees.

Die prototipe se ontwerp herinner hier en daar aan die destydse 5. Daar is die skeefgeplaaste luginlaat op die enjinkap, die breë C-pilaar en stomp, skuins luikdeur. Maar daar is ook moderne en prettige elemente in sy ontwerp, soos die lapdak wat ons laat wonder of dit nie ’n ooprol-dak gaan bied soos wat die Fiat 500 het nie. En daardie massief uitgeboude wielboë sal ook baie meer getemper word in die produksieweergawe.

Intussen is ons baie opgewonde oor Renault se opwindende planne met sy herleefde 5.

As die Franse die prys laag kan hou, sal hy ’n besliste behoefte in die mark vul – vir bekostigbare e-mobiliteit.

Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.