Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Wie ken dié model?

Ek wil hoor of een van die lesers my nie kan help om hierdie ou voertuig te identifiseer wat destyds aan my oupagrootjie behoort het nie.

Langs die motor staan my pa, toe nog ’n skoolseun van seker so 13, en op die voorgrond is die “meester” van die plaasskool in die Oos-Kaap waar my pa destyds tot gr. 7 (st. 5) skoolgegaan het. Daaragter, met die hoed, is my oupagrootjie Greyling en dit is sy destydse motor daardie.

My pa is in 1912 gebore en hierdie kiekie kon dus nie later as 1925 geneem gewees het nie – die motor is dus ’n 1925- of dalk veel ouer model.

Hierdie motor het ’n paar keer die familie se jaarlikse ossewa-konvooi na hul geliefde kampeerplek by die destydse Transkeise Wildekus se “Haven” by die Bashee-rivier se mond gelei.

Kan iemand hierdie voertuig van die 1920’s identifiseer?

Van Elliot in die Oos-Kaap was dit ’n week lange tog van so 200 km oor die Satansnekpas via Engcobo na die see. Die tog was oor ongebaande weë destyds, waarskynlik meestal net waspore.

Die kar sou vroegoggend vertrek en ná so ’n uur of wat by ’n gepaste plek die ossewaens inwag wat so teen laatmiddag hul opwagting gemaak het en waar almal dan sou oornag het.

Ek het in die 1990’s self dikwels daar gaan hengel en het die 50 km grondpad daarheen van die N2 see toe steeds in ’n skokkende toestand gevind.

Meer oor:  Bellville  |  Motors  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.