Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Z-koepee nog lank nie dood

Dit was beslis ’n lang wag – 11 jaar, om presies te wees – maar nou het Nissan die eerste daadwerklike tekens gegee van hoe sy volgende Z-motor kan lyk.

Die groep het pas sy Z Proto-konsepmodel op die Yokohama-motorskou in Japan uitgestal; ’n voertuig wat ’n goeie idee bied van waarheen Nissan se kop staan om ’n opvolger te vind vir sy 370Z (wat in 2009 hier aangeland het).

Trouens, die nuwe 400Z – soos die toekomstige middelslag-sportmotor reeds deur ondersteuners gedoop is – moet ’n viering van 50 jaar van Z-motors in die Nissan-stal wees.

Dit is geen geringe taak nie, as ’n mens die fanatiese ondersteuning van hierdie gawe rygoed in gedagte hou.

Reeds in die 1960’s het Nissan die eerste 240Z die lig laat sien, met dit was veral die latere 280Z wat by ons en oor die wêreld heen ’n groot gevolg opgebou het. In die vroeë 1990’s was ’n paar 300ZX’e by ons te kry, waarna die 340Z en 370Z gevolg het.

Soos die naam redelik getrou deur die jare die enjingrootte aangedui het, ry die huidige 370Z met ’n natuurlik geaspireerde 3.7-liter-V6, met krag wat na die agterwiele gaan.

Die Z Proto-konsepmodel bied ’n goeie voorsmaak van waarheen Nissan op pad is met sy nuwe “400Z”-sportmotor. Ons dink Nissan het raakgevat met die profiel, maar die sye is ietwat verbeeldingloos.

Die konsep van ’n rustige GT-koepee soos vergestalt deur die 1970’s en 1980’s se Mazda RX-7 en die Toyota Supras van ouds het egter verdwyn. Vandag wil die mark verrigting en ’n dinamiese rit hê. Daarom is die gerug dat Nissan beplan om ’n 3.0-liter-V6 in te span wat hy in sy Infiniti’s benut, maar wel met twee turboaanjaers toegerus om ’n geraamde 300 kW en 475 Nm wringkrag te lewer.

Hoewel die 400Z op ’n nuwe platform sal ry, sal die enjin steeds in die neus sit met die krag wat na die agterwiele gaan met ’n sesgang-handrat (soos die konsepmodel het), of ’n moderner sewegang-outomaties.

’n Moeilike taak

Wat die ontwerp betref, het Nissan besluit om ’n retro- sowel as ’n moderne ontwerp te omarm. Dus, die nuwe motor moet terugkyk na 50 jaar van Z-motors, maar ook iets vir die toekoms bied. Geen maklike taak nie.

Die profiel en rugkant bied ’n duidelike kopknik na die 240Z en 280Z, terwyl die neus en stert meer modern is. Ook binnelangs is die toekoms omarm danksy digitale inligtingskerms in die middel van die paneel, sowel as reg voor die bestuurder (met ’n groot toerenaald in die middel, en die 7 000 r/min- rooi lyn op 12-uur).

’n Kopknik na die 1980’s is die drie klein analoogmeters op die instrumentpaneel wat onderskeidelik turbodruk, -spoed en batterykrag aandui.

Nissan wil nog nie ’n finale datum gee vir wanneer sy nuwe 400Z markgereed gaan wees nie, maar ons vermoed hy sal dit voor einde volgende jaar wil afhandel, wat hom eers in 2022 op Suid-Afrikaanse paaie sal laat aankom.

Meer oor:  Nissan  |  Sportmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.