Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
2016 deur my lens: Mlungisi Louw

Mlungisi Louw, Netwerk24-fotograaf in Bloemfontein, het sy beste foto’s van 2016 gekies.

Mlungisi Louw, Netwerk24-fotograaf in Bloemfontein.
Raymond Rhule, vleuel van die Vrystaat-Cheetahs, hardloop met die bal in ’n Curriebeker-rugbywedstryd in Bloemfontein.
Tim McPherson van Avian Pest Solutions van Bloemfontein laat ’n jong visarend in die Soetdoring-natuurreservaat vry nadat dit ná ’n lang beseringstyd gerehabiliteer is.
’n Lid van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens spook om ’n brand in ’n pakhuis in die stad te blus. Dit was een oggend vroeg in Mei.
Hanna Thole (80) van Jacobsdal in die Vrystaat kook kos op ’n oop vuur in haar oopdaksinkhuis. Jacobsdal is een van verskeie dorpe in die Vrystaat wat onder armoede en gebrekkige munisipale dienste gebuk gaan.
Leanna Makwang (80) en haar kleinkind Elbredo Seekooi (2) van Jacobsdal in die Vrystaat sit onder ’n boom om die skroeiende son te vermy. Jacobsdal is een van verskeie dorpe in die Vrystaat wat erg deur armoede geraak word.
Julius Malema, leier van die EFF, sit in die beskuldigdebank van die landdroshof in Bloemfontein. Hy het verskyn op aanklag dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 oortree het.
Skiërs weerkaats in ’n ander skiër se bril by die Oos-Kaapse Tiffindell-ski-oord.
’n Skiër val toe hy teen ’n helling afbeweeg by die Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap.
Die gemeenskap van Reddersburg het in 2016 onder misdaad en die gebrek aan munisipale dienste gebuk gegaan. Hier is Emiline Visagie (10, voor hek), Kheletso Perekisi (9) en Naledi Zon (9).
Jaftha (90) en Raga Makgethi (50) van Petrusburg in die Vrystaat ry in die dorp op hul perdekar. Hulle is maar twee van dié dorp se inwoners wat genoeg gehad het van die misdaad in die dorp en die gebrek aan munisipale dienste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.