Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Die s-s-s-slange s-s-s-seil veilig by die Randse Skou
Snake Bite Jones laat 'n toeskouer nader kennis maak met een van die slange. Foto: Verskaf

Ouers en hul jong kinders was Vrydag enkele meters weg van Suid-Afrika se gevaarlikste slange toe Bryan Vorster of Snake Bite Jones, soos hy beter bekend staan, hulle by die Randse Skou van dié reptiele vertel het.

Hoewel Jones onder meer die pofadder en die spoegkobra uitgelaat het om te seil, het hy heeltyd seker gemaak die skougangers is veilig.

“Moenie bekommerd wees nie, ons het nog nooit meer as twee kinderbeserings tydens die vertoning gehad nie,” het hy gespot.

Volgens Jones is die pofadder verantwoordelik vir sowat 70% van slangbyte in Suid-Afrika.

Toeskouers kyk na Snake Bite Jones se vertoning by die Paasskou. Foto: Lisa Hnatowicz

“ ’n Pofadder is ’n vet, lui slang en beweeg nie vinnig nie. Hy sal nie soos ander slange wegbeweeg as hy vibrasies op die grond voel nie,” sê hy.

“Hy hoop jy sien hom nie, maar omdat hy so goed gekamoefleer is, trap jy op hom en hy pik jou.”

Hoewel dié slang stadig beweeg, pik hy so vinnig soos ’n oogknip.

Volgens Jones kan jy enige adder uitken aan sy growwe skubbe, sy vet lyf en die feit dat hy altyd in ’n reguit lyn seil.

Die kinders bars behoorlik los met die vrae:

“Baklei slange met mekaar?” vra een.

“Ja, slange is soos mense, ons slaan mekaar ook soms,” sê Jones.

“Wat eet slange?” vra ’n ander.

“Stoute kinders!” sê hy eers, en dan: “Rotte en muise.”

Nog ’n vraag: “Hoe oud is dié slang?”

“Hierdie een is vier jaar oud en dis ’n meisie. Hoe weet ek sy is ’n meisie? Want meisieslange het korter sterte as seuntjies.”

Een kind vra: “Hoe lank voor jy doodgaan as ’n pofadder jou pik?”

“Hang af hoeveel gif die slang gebruik.”

Jones sê ouer slange weet byvoorbeeld hulle hoef net ’n waarskuwingspik te gee en stel geen gif vry nie, maar jonger slange gee stel meer gif vry.

Die spoegkobra strek sy ribbekas en maak of hy wil spoeg as hy ’n roofdier wil intimideer.

So ’n slang kan jou in die oë spoeg omdat hy na die hoogste punt van beweging mik.

“Maar as jy net stilstaan, gaan die slang nie bedreig voel nie,” sê Jones.

Slange het ook nie ore nie, so jy kan so hard skree as wat jy wil.

Indien jy raakgespoeg word, moet jy jou oë vir tien tot 15 minute met enige veilige vloeistof wat jy in die hande kry, uitwas.

Daar is ook geen “ouertoesig” met slange nie en ’n mens sal nie ’n nes van slange vind nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.