Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Doendinge
Karlien van Jaarsveld Foto: Theana Breugem

Gryp die naweek aan die nekhare en ry hom bloots met hierdie heerlike doendinge.

Philip Moolman bied Vrydag twee konserte vir die prys van een aan in die Pierneef-teater in Pretoria.Hy sing Afrikaanse liedjies oor vyf dekades en sy eie liedjies soos “Hoog bo die wolke” en “Vissies”. Die gehoor kan ook versoeke gee.

Neil Diamond Tribute bestaan uit gewilde treffers van hierdie superster. Dit begin om 19:00. Kaartjies kos R100 tot R120. Bel 012 329 0709 of stuur e-pos aan info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Andrew Buckland en Jennifer Steyn in The Inconvenience of Wings. Foto: Oscar o’Ryan

Die vernuwende teaterskepper Lara Foot se jongste drama, The Inconvenience of Wings, is tans in die Mannie Manim-teater by die Markteater in Newtown, Johannesburg, op die planke. Die stuk het vroeër vanjaar drie Fleur du Cap-pryse verower. Dit is ’n aangrypende ondersoek na geestesgesondheid en spesifiek bipolêre gemoedstoornis. Dit belig ook die invloed van mense met dié gemoedstoornis op hul geliefdes, werk en vriendskappe. Jennifer Steyn, Andrew Buckland en Mncedisi Shabangu vertolk rolle. Dit duur tot 16 Julie.Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15 en Sondae om 15:15. Bel 011 832 1641 uitbreiding 123 of 072 367 7867 met navrae en om te bespreek, of bespreek by Webtickets.

#VinylSundays word Sondag by die Stanley Beer Yard, die Goudstad se tuiste van boetiekbier, gehou. Dit word die eerste Sondag van elke maand aangebied. Sondag kom die 11 beste platewinkels by mekaar met ’n mark en jy kan jou versameling langspeelplate vergroot. Die deure maak om 10:00 oop en besoekers moet honger hier opdaag. Die adres: Stanleylaan 44, Milpark, Johannesburg. Toegang is gratis. Bel Bret Dugmore by 011 482 1212 of besoek mrvinyl.co.za vir meer inligting.

Karlien van Jaarsveld tree Vrydag in die Centurion-teater op. Haar nuwe album, Sing vir liefde, is ’n paar maande gelede uitgereik en dit het reeds meer as 15 000 verkope gehaal om as goud geklassifiseer te word. Dit is bereik voordat die tweede liedjie van die album aan radiostasies gestuur is. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R150. Bespreek jou selfdrukkaartjies by Tixsa. Bel Susan by 012 664 7859 of stuur e-pos aan susan@centurionteater.co.za vir meer inligting.

Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin is in Roodepoort in Johannesburg geleë. Dit was voorheen bekend as die Witwatersrand Nasionale Botaniese Tuin en beslaan sowat 300 ha. Dit is amptelik in 1982 gestig en is dus die jongste van die nasionale botaniese tuine. Die witkruisarend-broeipaar (Aquila verreauxii) wat in die Roodekrans-rif bo die tuine nesmaak, is dié tuin se trots. Die adres is Malcolmweg, Poortview, Roodepoort. Skakel 086 100 1278 of 087 740 3639 of stuur e-pos na sisulugarden@sanbi. org.za vir meer inligting.

Meer oor:  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.