Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Doendinge
Gideon Lombard in 'Die reuk van appels'. Foto: Mlungisi Louw

Niks om te doen die naweek nie? Hier is 'n lekker blitsgids van doendinge vir jou en die res van die gesin.

  • Twee pennevrugte van die digter Rosa Smit word môre in die Tina Skukan-galery in Pretoria bekend gestel. Haar aktuele roman Die hart van die jeugleier sowel as die publikasie Vers oor vers word bespreek. Vers oor vers is ’n studie oor He­breërs 6 vers 1 en 2 en die werk sluit ook gedigte in uit haar vorige bundels wat oor hierdie onderwerp handel. Dit begin om 11:30 vir 12:00 en prof. Ian Raper is aan die woord. Boeke sal beskikbaar wees teen R180. Die adres: Plot 6 Koedoebergweg, Faerie Glen, Pretoria. Skakel 083 653 6928 of stuur e-pos na rex@tinaskukangallery.co.za vir meer inligting.

  • Die toneelstuk Vir.Ander deur Jannes Erasmus (ook die regisseur en vervaardiger) wentel om ’n sogenaamde bekeringskamp wat seuns in mans verander en belig kwessies rondom manlikheid, seksualiteit en homoseksualiteit as keuse. Dit fokus veral op die eise wat aan ’n jong Afrikaanse seun gestel word en beeld die druk van familieverpligtinge en die juk van tradisies uit. Dit word tot 24 September in die ­Arenateater in die Staatsteater in Pretoria opgevoer. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:00 en Sondae om 15:00. Kaartjies kos R120. Bespreek by Computicket.

  • Die Kanna-bekroonde akteur Gideon Lombard (31) staan in die skoolklere van ’n 11-jarige in die Staatsteater in die verhoogverwerking van Mark Behr se roman Die reuk van appels. Dit vertel die verhaal van ’n jong seun se bewuswording wat afspeel in die 70’s teen die agtergrond van die Koue Oorlog en apartheid-Suid-Afrika. Die produksie is 90 minute lank met ’n ouderdomsbeperking van 16. Vertonings is tot 24 September. Vertoontye wissel. Bespreek by Computicket.

  • Fiela se kind word tot môre in Heidelberg opgevoer. Dit is gegrond op Dalene Matthee se gelyknamige roman en Shaleen Surtie-Richards vertolk weer die hoofrol. Dit word om 20:00 in die saal van die Hoërskool Volkskool Heidelberg opgevoer. Bel Ria Fourie by 083 564 1589 of stuur e-pos na ria@volkies.co.za om te bespreek. Kaartjies kos R100 tot R200.

  • Verbeel jou ’n ontmoeting tussen die psigoanalis Sigmund Freud en die Christelike skrywer C.S. Lewis op dieselfde dag dat die Tweede Wêreldoorlog uitbreek. Of dié twee intellektuele reuse ooit ontmoet het, is onbewese, maar só ’n gesprek sou die eeue-oue debat oor godsdiens en die wetenskap kon oopkloof. Daarom is die verbeelding ryp in die Amerikaanse dramaturg Mark St. Germain se bekroonde toneelstuk Freud’s Last Session, wat dié ontmoeting uitbeeld. Die toneelstuk is tot môre in die Theatre on the Square in Sandton op die planke. Vertonings is vandag om 20:15 en môre om 15:15 en 20:15. Kaartjies kos R140. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Naweek  |  Teater  |  Doendinge  |  Toneelstuk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.