Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Future Park by Waterfront sal almal betower
Desiré Gardner en Dean John Smith van die sepie Suidooster wys haar seun, James (5), van die prentjies wat op een van die mure by die Future Park-uitstalling geprojekteer is en verander en beweeg sodra jy daaraan raak. Dié uitstalling in die V&A Waterfront begin Saterdag.

’n Fees van kleure en interaktiewe speletjies wat jonk en oud sal aangryp, word by die V&A Waterfront met die Future Park-uitstalling aangebied.

Kapenaars het Donderdagaand ’n voorsmakie van die uitstalling gekry wat van 23 September tot 31 Januarie in die Watershed aangebied word.

Die uitstalkamer is kort nadat die deure oopgemaak is, met nuuskierige en opgewonde kinders oorval. Hulle het onmiddellik begin rondspeel met digitale projeksies op die mure wat verander sodra ’n mens dit aanraak.

Een van die groot trekpleisters is die “sketsakwarium” waar kinders visse en waterdiere kan teken en inkleur, dit skandeer en dan kyk hoe hulle rondswem teen die muur saam met die ander kinders se skeppings.

Die kinders het die tafels voor dié kleurvolle muur vol gesit om hul idees met vetkryt op papier vas te vang en te sien hoe dit geprojekteer word.

Margit Meyer-Rödenbeck en haar dogter, Luca Human (6) teken ’n prentjie by die Future Park-uitstalling in die V&A Waterfront voordat dit ingeskandeer word ensaam met ander kinders se tekeninge teen die mure geprojekteer word. ’n Mens kan dié projeksies laat rondbeweeg en verander sodra hulle daaraan raak.

Een van die ander mure is gevul met ’n “sketsdorp” waar kinders voertuie teken en kan sien hoe dit deur die dorp rondry.

Daar is ook ’n dorpie wat op ’n oppervlak geskyn word waaraan kinders kan bou en allerlei diere wat op die plafon en vloer geprojekteer word.

Van die ouers kon ook nie hulself weerhou om deel te neem nie, en ander was lugtig wanneer die beeld waaraan hulle raak, dadelik verander of begin beweeg.

Minette Ferreira, algemene bestuurder van Media24 Weeklikse Tydskrifte, sê dié uitstalling het al meer as 4 miljoen kinders wêreldwyd die geleentheid gebied om in ’n “altyd veranderende digitale omgewing” te speel en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel.

Huisgenoot, You en Drum is die gashere van die Future Parks-uitstalling, wat daagliks van 10:00 tot 19:00 oop is.

Dit is die eerste keer dat dié uitstalling in Suid-Afrika aangebied word en dit sal in 2018 na Johannesburg skuif.

Meer oor:  Huisgenoot  |  You  |  Future Park  |  V&A Waterfront  |  Uitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.