Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Kampeer-wenke vir Paasnaweek

Die akteur Paul du Toit hou sy lyf TV-aanbieder in VIA se nuwe program, Kom ons kamp. Hier deel hy ’n paar lekker kampeer-idees vir die Paasnaweek – alles van kampkos tot kampeer-kunsies.

Paul du ToitFoto: VIA

1. Wanneer begin Kom ons kamp?

Op VIA (DStv-kanaal 147) se splinternuwe kompetisieprogram Kom ons kamp, spook drie spanne dit in elke episode uit om as die kampeerkampioen gekroon te word. Kom ons kamp begin op 13 April op VIA en nuwe episodes word Vrydae om 17:30 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 20:00.

2. Noem ’n paar kampeerterreine wat tot dusver tydens die produksie ’n indruk by jou gewek het

Slanghoek Mountain Resort en Doringlaagte is wonderlike kampterreine. Al twee is in pragtige natuurskoon geleë met uitstekende stap- en bergfietsroetes. Daar is swembaddens vir die hitte en veral Slanghoek het lieflike bome vir koelte langs die riviertjie. Doringlaagte het op sy beurt ’n dam wat ideaal is vir visvang. Daar is ook bootjies waarin kampeerders kan gaan roei. Uitdagende 4x4-roetes is hier ook volop as jy jou voertuig ’n bietjie wil toets. En dan is daar die vuur-verhitte “hot tubs”. Onder die sterre, met ’n lekker Montagu-wyntjie in die hand en die regte iemand om die warm water mee te deel, het ’n mens mos min om oor te kla.

3. Watter Paasfees-tradisie kan ’n mens steeds om die kampvuur toepas?

Steek die eiers baie goed weg sodat die grootmense om die vuur kan kuier. Nee, ek grap net. Dis vakansie en met almal se besige skedules is dit moeilik om gehaltetyd saam met vriende en familie deur te bring. Dit is besonders om familietyd onder die sterre en om ’n vuur te kan deurbring.

4. Is daar enige kampvuur-resepte wat jy met ons kan deel wat gesinne hierdie Paasfees kan geniet?

’n Malvalekker-paaseier braai baie lekker. Haal die paaseier uit sy verpakking, steek hom op ’n stokkie en braai hom oor matige hitte. Smaaklik!

5. Noem oulike idees wat die deelnemers aan dié program uitgedink het om die kampeer-proses te vergemaklik.

Gebruik Doritos om ’n vuur mee aan te steek.

6. Is daar toerusting wat jou tot dusver tydens die maak van die program beïndruk het?

Daar was ’n oom wat die heerlikste brood in sy tuisgemaakte varkie-oond gebak het. Dié oondjie het beslis die smaak van potbrood na ’n nuwe vlak geneem. Botter wat op warm brood smelt met die geur van braaikole bly maar hemels.

Meer oor:  Via  |  Paul Du Toit  |  Paasfees  |  Vakansie  |  Kamp  |  Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.