Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Laai jou video op NetNuus en wen!

NetNuus maak dit met die jongste weergawe van sy app moontlik vir lesers om ’n eie video op te laai en dit met ander lesers te deel – en dalk sommer kitsroem te verwerf.

Die leser word dus ’n videoredakteur en NetNuus hoop om nie net nuusvideo’s te sien nie, maar dat lesers bekendheid sal verwerf met goeie video’s wat die verbeelding aangryp.

Dit is die plan met NetVideo, die jongste projek van NetNuus, Media24 se blitsnuus-app.

MJ Lourens, redakteur van NetNuus, sê hy hoop mense sal hul vaardighede inspan om inhoud te vervaardig en met ander lesers te deel.

“Natuurlik verwag ons video’s van lesers wat belangrike nuusgebeure afneem soos wanneer daar vloede in Gauteng is, hael die Vrystaat tref of verkeersopeenhopings van kilometers lank motoriste oor ’n langnaweek warm onder die kraag kry.

“Maar wat ons eintlik graag wil sien, is dat ons lesers hul talent met ons deel. Dit is hoe mense op sosiale media bekendheid verwerf: Jy is dalk ’n boffin met grimering, jy het nuttige wenke om iemand se lewe makliker te maak of dalk kan jy iets buitengewoons doen . . . Dít is die soort video’s wat ons graag wil hê. Jy moet iemand kan laat lag, huil of help om iets beter te doen. Dit was tot dusver ook NetNuus se resep vir sukses.”

Nie net is daar in April en Mei weekliks R1 000 op die spel vir die gewildste video nie, maar daar gaan opwindende kitskompetisies gehou word en op lang termyn is daar sommer groot planne vir dié projek.

“Ons wil later vanjaar ’n veldtog begin saam met Media24 se Afrikaanse tydskrifte om Afrikaanse talent te ontgin. Wenners wat gekies word uit dié veldtogte gaan groot prysgeld kan wen,” sê Lourens.

“Die veldtog is gegrond op die suksesvolle ‘Wat Maak Jy’-veldtog van Via, Media24 se Afrikaanse leefstylkanaal op DStv. Dit was so gewild dat dit nou in ’n TV-program omskep is.

“Ons wil sien Wat Maak Jy! Hier kry elke leser uiteindelik die geleentheid om die vervaardiger van sy of haar eie TV-reeks te wees wanneer die video op NetNuus gedeel word. Dink daaraan as ’n TV-program van 60 sekondes.”

Andreij Horn, uitvoerende hoof van 24.com, sê dit is ’n eerste in die nuuslandskap in Suid-Afrika.

“Suid-Afrikaners het die unieke kenmerk om swaarkry met lekkerkry klaar te kry. Hulle sien blitsvinnig die humor in bykans enige situasie raak. Met dié projek bied NetNuus nou aan sy lesers die geleentheid om video’s in te span om skeppend deel te word van die nuusstroom.

NetNuus is beskikbaar vir Android- en iOS-toestelle in die onderskeie app-winkels.

Laai die NetNuus app hier af.

Video’s wat ons ontvang het wat jou aandag sal trek:

1. Baba frons nes sy pa

2. Kleinkinders se perspektief op waar paaseiers vandaan kom 

3. Rugby is ‘n ernstige saak vir Skollie (die hond)

Ons het ook twee moontlike sterre ontdek…

1. Eltoné Nolte met haar ongelooflike stem

2. Pikkewyn kan dalk ‘n pool-kampioen word (verskoon sy “kill cause I’m hungry agtergrondmusiek”)


    Meer oor:  Video  |  Kompetisie  |  Netnuus
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.