Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Motordagboek

Vrydag 22 September:

  • Motorfietsbesparingsrit: Die besparingsrit begin by die Uncle Harry Engen-vulstasie in Hoofrifweg, Randfontein. Die eerste motorfiets spring reeds om 06:00 weg.
    Die roete neem die deelnemers met wye draaie deur die provinsie na die Vrystaat. Bel Hannes Beetge by 083 700 9058 vir nog inligting.

Saterdag 23 September:

  • Tydrenne: Die voorlaaste ronde van die nasionale tydrenreeks, die Caledon-tydren, word Vrydag en Saterdag in en om Caledon beslis. Die tydren begin Vrydag om 14:50 by die Caledon-skouterrein en hervat Saterdag om 07:30. Toeskouergidse met uitkykpunte sal by die tydrenhoofkwartier beskikbaar wees. Bel William Louw by 072 183 0744 vir nog inligting.
  • Baanrenne: Super GP-motorfietsreeks vir verskeie klasse soos die Super GP’s, Super 600’s, Super Juniors en Super Masters vind by die Red Star-renbaan by Delmas plaas. Renne begin om 08:00. Kontak Tim by info@gas-sports.com.
  • Versnelrenne: Nasionale byeenkoms vir motorfietse, Killarney-renbaan, Kaapstad. Renne begin om 14:30. Bel Terri Brand by 021 557 1639.
  • Ovaalbaanrenne: Nasionale kampioenskapsbyeenkoms by die Big Hole-ovaalbaan, Kenilworthweg, Kimberley. Renne begin om 18:00. Bel Tina Lamprecht by 072 730 5922.
  • Ferrari-rendag: Klubbyeenkoms op Kyalami. Renne begin om 08:00. Kontak Alison by admin@sefac.co.za.

Sondag 24 September:

  • Renstelle: Nasionale renstelbyeenkoms vir klasse soos Maxterino’s, Junior Max, Senior Max en DD2’s by die Zwartkops-renstelbaan, Pretoria. Renne begin om 08:00. Kontak Julene van die Rand Kart Club by julenewood­official@gmail.com.
Meer oor:  Dagboek  |  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.