Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Kontrei
Musiek, rivier lei tot groot kuier
Juanita du Plessis
Brendan Peyper
Manie Jackson

Die Ghaap-RiverXtreme word op 27 en 28 Oktober by Broadwaters buite Douglas gehou en weer word vermaak van hoogstaande gehalte beloof.

Benewens plaaslike talentvolles wat aan Douglas-talent gaan deelneem en sangers van die Prieska-sangskool, sal bekende kunstenaars hul staal toon op die verhoog langs die Vaalrivier.

Vrydagaand tree Rea le Roux, Brendan Peyper en die musiekgroep Die Rowers op.

Saterdagaand sal Leroy die feesgangers laat opwarm, gevolg deur Manie Jackson en Juanita du Plessis.

Daarna tree die manne van Die Rowers weer op.

Feesgangers kan ook Saterdagmiddag skemervaarte op rivierbote geniet.

Meer oor:  Douglas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.