Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Naweek van aksie op 2Rivierefees
Heerlike vars groente en vruygte sal ook op die 2Rivierefees die naweek te koop wees. Foto: Verskaf

Die tiende 2Rivierefees word die naweek van 16 en 17 September op die terrein van die Hoërskool Bothaville gehou.

Die fees is ten bate van ses instansies – Huis Maranata, twee jeugsorgsentrums (Eikelaan en Nala Re Thabile), die plaaslike sopkombuis, die A-Maize-ing-sentrum vir lewensvaardigheidsopleiding en Vrystaat-versorging in Aksie (VVA).

Vrydagaand word ’n gala-aand met Adam Tas op Nampopark aangebied.

Saterdag het ’n vol program wat met die jaarlikse bergfietswedren en veldwedloop begin.

Om 07:00 spring deelnemers aan die veldwedloop oor 9 km met een waterpunt en 16 km met twee waterpunte weg. Deelnemers kan van 06:00 af inskryf.

Die tiende jaarlikse 2Riviere-berg-fietswedren word Saterdag op die 2Rivierefees in Bothaville aangebied.

Bergfietsryers kan nog tot môre aanlyn inskryf op www.entrytime.co.za. Deelnemers kan egter ook nog Saterdag teen R30 ekstra van 07:00 af inskryf. Die wedrenne oor 65 km en 40 km begin om 09:00 en tien minute later spring die deelnemers aan die 25 km en die 12 km weg.

Benewens kosstalletjies sal daar ook stalletjies met vars groente en vrugte, juweliersware, meubels en keramiekware wees. Boonop kan deelnemers aan die wedren en die veldwedloop ’n spesiale sportmassering kry. Vir die jongspan is daar springkastele, glybane en ’n spookhuis.

’n Plesierrit sal vir perderuiters aangebied word, waarna ’n optrede deur die Wesselsbron-jeugorkes volg.

Die gaskunstenaars Jandre en Danie tree op terwyl ’n potjiekos-middagete in die groot tent voorgesit gaan word. ’n Kontantkroeg, koeldrankstalletjies en ’n koffiekroeg sal ook beskikbaar wees.

Sondag word die fees met ’n gospelfees, gelei deur die sanger Danie Botha, afgesluit.

Meer oor:  Kos  |  Musiek  |  Doendinge  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.