Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Kontrei
Ons skrik nie vir die waterspietkops nie
Die Ghaap-RiverXtreme word op 27 en 28 Oktober by die Broadwaters-rivieroord langs die Vaalrivier by Douglas gehou. Spanne van vier kan hulle vir die vlotboukompetisie inskryf.

Kry nou vir jou ’n span bymekaar en maak planne om aan die vlotresies op die Vaalrivier of die Vlieg-ori-Vaal tydens die Ghaap-RiverXtreme by Douglas deel te neem.

Dié jaarlikse waterfees word op 27 en 28 Oktober by Broadwaters op die Kimberley-pad aangebied en beloof om weer ’n hoogtepunt te wees.

Benewens ’n verskeidenheid stalletjies, ’n pretpark vir die jonges en ’n kroeg, is sport soos altyd ’n groot deel van die naweek, met die Lotto as hoofborg, se aanbod. Die pret begin reeds Vrydagaand wanneer feesgangers aan die Neon-Parkrun kan deelneem.

Saterdagoggend is daar ’n veldwedloop oor tien km of 21 km. Bergfietsryers kan ook aantree vir die prettrap. Swemmers kan aan die kwartmyl-swem in die Vaalrivier deelneem en hengelaars kan tot 15:00 lyne natmaak.

’n Skyfskietkompetisie gaan ook daar gehou word.

Deelnemers het baie pret gehad op verlede jaar se Neon-Parkrun.

Die hoogtepunte van die dag is waarskynlik die vlotresies en die Vlieg-ori-Vaal waarin prysgeld van R5 000 elk op die spel is. Enige onderneming of boerdery kan ’n span van vier vir die vlotresies inskryf.

Die vlot mag net met spane, seile of mensaangedrewe spaanwiele aangedryf word en al vier spanlede moet die hele vaart meemaak.

As dele van die vlot in die water agterbly, kan selfs ’n eerste plek verbeur word.

Vir Vlieg-ori-Vaal kan ook spanne met ’n maksimum van vyf lede ingeskryf word wat ’n “vliegkontrêpsie” bou om so ver as moontlik oor die Vaalrivier te “vlieg”. Die tuie mag net met spierkrag, swaartekrag en verbeelding aangedryf word, en dit moet kan dryf, want die tuig gaan in die water land. Die spanne word beoordeel op grond van afstand, kreatiwiteit en spangees.

Links: Die Ghaap-RiverXtreme bied waterpret vir oud en jonk.

Meer oor:  Vaalrivier  |  Douglas  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.