Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
‘Oorspronklike’ Hermanus Kersmark gaan nêrens
Die oorspronklike Hermanus Kersmark. Foto: Verskaf

Die organiseerders van die tradisionele Hermanus Kersmark wil die publiek en vakansiegangers gerusstel en verseker dat dié mark vanjaar, soos elke jaar, voortgaan.

Die Hermanus Kersmark word die afgelope 18 jaar deur die NG kerk in Hermanus gehou.

Die mark word van 14 Desember tot 9 Januarie in die Grobbelaarsaal in Marinerylaan aangebied. Die mark sal daagliks van 09:00 tot 18:00 oop wees, maar op 24 Desember net tot 15:00.

“Sondae en Kersdag sal ons gesluit wees,” luidens ’n verklaring.

Mariet Basson, organiseerder van die mark, sê alle Covid-19-maatreëls geld.

“Onthou asseblief net om maskers te dra.”

Basson sê die Kersmark wat by Curro Hermanus en dié wat deur die NG kerk aangebied word, is twee verskillende markte.

“Die Kersmark by die Curro-skool dryf handel onder die naam The Gift Market. Ons is dus die oorspronklike mark. Ons wil almal wat ons deur die jare ondersteun het, verseker dat ons nêrens heen gaan nie,” sê Basson.

Vir meer inligting bel haar by 071 520 4012.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.