Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Veldloop vol modder en pret in Paarl
Deelnemers word aangemoedig om uitrustings aan te trek wat gemaklik maar prettig is.

Die Fisherman’s Friend StrongmanRun, ’n veeleisende hindernisveldloop met hope pret, sal op Saterdag 1 Oktober in die Paarl gehou word.

Ferdinand Rabie, wenner van die eerste Big Brother SA, het die reg verkry om dié veldloop van vanjaar tot 2018 in Suid-Afrika aan te bied.

Rabie sê die veldloop staan bekend as die veeleisendste van sy soort ter wêreld. “Eers nadat ek self daaraan deelgeneem het, verstaan ek hoekom dit so genoem word. ’n Mens kruip behoorlik in modder rond.”

Die veldloop begin in die Faure-stadion en die roete is onder meer teen die Paarlberg uit en tot by die Bergrivier. Deelnemers kan kies tussen afstande van 8 km, 14 km of 21 km met 25 verskillende hindernisbane.

Die StrongmanRun word ook jaarliks in onder meer Nederland, België, Duitsland en Italië aangebied.

In die Suid-Afrikaanse weergawe sal 5 000 inskrywings aanvaar word. Wêreldwyd neem sowat 80 000 mense daaraan deel. Dit is die eerste keer wat dié veldloop ook buite Europa aangebied word.

Meer oor:  Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.