Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Vlieërfees die naweek in Muizenberg gevier
Kinders het Woensdag op die Heideveld-sportgrond saamgedrom om die verskillende kleurvolle vlieërs te sien. Foto: Jaco Marais

Die Kaapstadse Internasionale Vlieërfees vind die naweek in Muizenberg, Kaapstad plaas, maar die organiseerders het Woensdag reeds kinders van die Heideveld-gemeenskap betower met ’n voorsmakie van die vlieërs wat vanjaar te sien gaan wees.

Vlieërs kom van dwarsoor die wêreld en die organiseerders hou duim vas vir gunstige wind en weer vir die naweek se 25ste Kaapstadse Internasionale Vlieërfees. Dit word beskou as een van Afrika se grootste en oudste feeste vir geestesgesondheid.

Vlieërs uit sewe lande – Bulgarye, Engeland, Duitsland, Italië, Nederland, Turkye en Suid-Afrika – het in die Kaap aangekom ter ondersteuning van Cape Mental Health, ’n geestesgesondheidsorganisasie sonder winsbejag, om bewustheid te skep oor die voorkoming van selfdood.

Die 25ste viering het Woensdag amptelik in Heideveld afgeskop waar kinders op die plaaslike sportgrond saamgedrom het om die verskillende kleurvolle vlieërs te sien.

Die fees, wat Saterdag en Sondag gehou word, lok jaarliks geesdriftiges van oor die wêreld heen.

Geld wat met die fees ingesamel word, is ten bate van Cape Mental Health.

Die geld word gebruik om dienste te lewer aan volwassenes en kinders in veral minderbevoorregte gemeenskappe.

Vlieërs uit sewe lande sal te sien wees op die 25ste Kaapstadse Internasionale Vlieërfees wat die naweek in Muizenberg gehou word. Foto: Jaco Marais
Wat is dit? ’n Voël, ’n vliegtuig of ’n vlieër? Kinders leer Woensdag vlieërs van oor die wêreld heen van nader ken op die Heideveld-sportgrond. Foto: Jaco Marais
Nog een van die vlieërs wat die naweek op die 25ste Kaapstadse Internasionale Vlieërfees te sien sal wees.Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Muizenberg  |  Vlieërfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.