Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Wen kaartjies na lekkergoedland
Makrolletjies is net ’n paar van die heerlikhede by die Dessert Fest. Foto: iStock

As jy ’n suikertand het, is die Dessert Fest SA dalk net die plek vir jou.

Kom slaan jou tande vas in die heerlikste minitertjies, dekadente gevulde soetgebak, makrolletjies, koeksisters en selfs unieke veganistiese skeppings.

Laat jou smaakknoppies maar vir hulself besluit.

Die heel eerste Dessert Fest SA vind op Saterdag 2 Desember en Sondag 3 Desember in The ­Mustang Room by Sally Mustang in Sandton, Johannesburg, plaas.

Van ons land se voorste bakkers is uitgesoek om die publiek met hul fyngebak te kom beïndruk.

Die Dessert Fest gee besoekers boonop die geleentheid om behoorlik in voeling te kom met die jongste neigings oorsee.

Die Leafy Greens Café sal feesgangers bederf met sy weergawe van veganistiese nageregte.

Die bekende persoonlikheid Zuraida Jardine sal die gasvrou by hierdie fees wees en die internasionaal bekende kos-en-dekordeskundige Vicky Crease sal inspirasie gee oor hoe om kos te stileer.

Haar nageregte word boonop as ’n geskenk aangebied vir almal wat die fees bywoon.

Die Leafy Greens Café sal feesgangers bederf met sy weergawe van veganistiese nageregte.

Bekende sjefs sal vertonings en demonstrasies bied.

Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n verwelkomingsdrankie en ’n geskenksakkie in.

Kaartjies is beskikbaar by NuTickets of besoek dessertfest. nutickets.co.za/joburg.

  • Tien gelukkigelesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie na die fees wen. Stuur jou besonderhede na: vrydag@media24.com met “Poeding” in die onderwerpveld.
Meer oor:  Sandton  |  Kompetisie  |  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.