Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leefstyl
Orreldroom word waar
Kry plek in private huis
Die twee klawerborde van die orrel.
Die kas van die pyporrel wat in Pretoria ’n tuiste gevind het, is van eikehout en baie Oregon-dennehout is ook aan die binnekant gebruik. Foto’s: Lientjie Mentz
Hierdie orrel is vir sy nuwe eienaar ’n droom wat waar geword het.

BRANDFORT. – Die jongste voltooide orrel uit die orrelis en orrelbouer Jan Elsenaar se werkwinkel in die dorp het nou sy tuiste gekry – nie in ’n kerkgebou nie, maar in ’n musiekkamer van ’n private huis in Pretoria.

Jan sê die opdraggewer het nog altyd daarvan gedroom om sy eie pyporrel te besit. Daarom het hy in sy nuutgeboude huis ’n groot musiekkamer ingerig.

Die pyporrel is volgens die meganiese stelsel ontwerp en gebou. Dit beteken die kleppies onder die orrelpype word deur hefboompies oopgemaak – presies dieselfde stelsel wat in geskiedkundige pyporrels toegepas is.

Die orrel het twee manuale (klawerborde) en ’n pedaalbord wat met die voete gespeel word.

Die orrelkas is van eikehout en binne die orrel is ook baie Oregon-dennehout verwerk.

Die prinsipaal-registers verskaf ’n helder klankkleur, die fluit-registers die sagter klankkleur en ’n mikstuur-register wat vergelyk kan word met ’n kinderkoor. Ook is daar ’n skalmei-register wat ’n sagte trompetklank het.

Die basregisters is op die pedaal.

Die bouproses is in die werkwinkel met drie heeltydse assistente voltooi. Die orrel is van hier na sy nuwe tuiste in Pretoria vervoer.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.