Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Al die veld is vrolik . . .

Die Weskus se blommestreke is nie skaam om hul magdom kleure te wys tydens dié seisoen nie. Kry jou geliefdes bymekaar en maak seker dat julle nie uit mis op die wonderlike avonture wat hierdie seisoen bied nie.

Moenie vergeet dat bye ook ’n belangrike rol speel in die uitsonderlike blomme wat jy sien nie. Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Kom bekyk die besonderse kokerboom van naderby in Vanrhynsdorp se wêreld. Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Kyk die pragtige verskeidenheid kaktusse in Vanrhynsdorp se Knechtsvlakte-kwekery. Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Dié gesiggies skitter reeds in Lambertsbaai.Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Die skatlike weeskindertjies is gedurende blommetyd in die Lambertsbaai-omgewing te sien. Foto: NELDA VAN ZYL
Madeliefies en die blou sporrie sorg vir ’n fantastiese kleurkombinasie in Lambertsbaai. Foto: NELDA VAN ZYL
Die stinkruik is een van die blomme met vreemde name in die Sederberg-streek. Foto: NELDA VAN ZYL
Pragtige goudgeel gousblomme pronk in Lambertsbaai. Foto: NELDA VAN ZYL
Eenvoudige wit madeliefies bly maar mooi, dít weet die Lambertsbaai-omgewing goed. Foto: NELDA VAN ZYL
Strandfontein bied die perfekte mengelmoes van kleure. Foto: TANIA FOUCHÉ
Vygies teen ’n see-agtergrond maak ’n voortreflike prentjie in Strandfontein. Foto: TANIA FOUCHÉ
Vanrhynsdorp het nie net fantastiese blomme nie, maar ook besonderse berguitsigte. Foto: ANCARENE VAN DER WESTHUIZEN
Onthou om in Lambertsbaai te stop vir see-uitsigte. Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Gaan kyk in Doringbaai na die oorblyfsels van dié ou visfabriek.?Foto: LIZELLE VAN JAARSVVELD
Steenbokfontein net buite Lambertsbaai kan jy besoek as jy wil sien hoe ’n regte Khoisan-grot lyk. Foto: LIZELLE VAN JAARSVELD
Die malgasse vergader by Lambertsbaai se Voëleiland. Foto: lizelle van jaarsveld
Jy kry gereeld ’n Ludwig-pou te sien in die veld by Vanrhynsdorp. Foto: SALOME WILLEMSE

Meer oor:  Namakwaland  |  Reis  |  Blomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.