Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Almal maak beursies oop vir Stilbaai-bootjie

Die bekende bootjie op die N2 by die afdraai na die gewilde Suid-Kaapse vakansiedorp Stilbaai gaan ’n nuwe baadjie kry nadat sterk wind dit onlangs beskadig het.

Die Stilbaai-sakekamer het onlangs die publiek se hulp gevra met skenkings om die bootjie te herstel. R12 000 is benodig.

“Ons inwoners was fantasties,” sê Rachel Wall, voorsitter van die Stilbaai-sakekamer, by navraag.

“Ons is verstom. Die bootjie blyk so baie vir mense te beteken. Nie net ons inwoners nie, maar ook vakansiegangers het ruim bygedra. Baie meer geld is ingesamel as waarvoor ons gevra het. Nou kan ons baie meer doen.”

Die bekende Stilbaai-bootjie nadat sterk wind dit onlangs beskadig het. Foto: Stilbaai Sakekamer

Volgens haar is dit reeds die derde keer vanjaar dat wind die bootjie beskadig. Hierdie keer was die skade so erg dat staalwerk ook gedoen moet word.

Die bootjie gaan regop getrek en ook geverf word. “Die herstelwerk het reeds begin,” sê sy.

Volgens haar is daar planne om ’n bordjie by die bootjie op te rig om te verduidelik waarom die bootjie as’t ware “uitvaar”. Dit is onder meer sodat vakansiegangers hul bekommernisse by die bootjie moet “agterlaat” wanneer hulle hier kom vakansie hou.

Die res van die geld sal in ’n trust gehou word vir die toekomstige instandhouding van die bootjie.

Die bootjie is reeds jare lank ’n baken by die afdraai vanaf die N2 na die R305 na Stilbaai.

Meer oor:  Stilbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.