Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Barrydale het ‘blommeplan’ om toerisme hupstoot te gee

Barrydale het met ’n blink plan vorendag gekom om die dorp se ekonomie ’n hupstoot te gee.

Die Barrydale in Bloom-tuinvertoonkas word elke jaar aangebied, maar vanjaar se geleentheid kom terwyl die dorp sy kop ná die inperking begin optel.

Die byeenkoms is vanjaar uitgebrei en sluit alles van formele tot township-tuine in.

Die tuin van Barbara Bridge, Barrydale in Bloom se stigter. Foto: Graham Abbott

Barrydale is gewoonlik ’n bedrywige toeristebestemming en sy inwoners is hard geslaan deur die inperking, sê Shane Petzer van die Magpie Art Collective, wat die byeenkoms reël.

“Ons bly versigtig, want niemand wil teruggaan na vlak 5 (van die inperking) nie. Die uitdaging was om ’n byeenkoms te reël wat veilig is. Ons het toe besluit om ’n ope tuinsafari op die rand van die Klein-Karoo te hou.”

Medisinale plante by Raumond Claassen se huis in Barrydale. Foto: Graham Abbott

Barrydale in Bloom, wat elke tweede week in Oktober gehou word, is een van die dorp se grootste toeriste-trekpleisters. Die stigter, Barbara Bridge, het met die idee van ’n “ope tuinsafari” vorendag gekom. Sy tree binnekort af en verhuis na Brittanje en het die leisels aan Magpie oorgegee.

Sowat 30 tuine en plekke is geïdentifiseer, wat wissel van formele tuine in die ou dorp tot kleiner ruimtes om te wys wat vermag kan word. Tuine in die Smitsville-township, asook die voedseltuine in Ghwarries op die rand van Smitsville, sal vertoon word.

Volgens Petzer het baie mense begin tuinmaak gedurende die inperking omdat hulle nêrens heen kon gaan nie. Baie voedseltuine is aangelê. Dis ook toevallig die tema wat verlede jaar bedink is vir vanjaar se Barrydale in Bloom.

’n Foto van Barrydale in Bloom se 2019-projek by die Barrydale-kliniek. Foto: Graham Abbott

In 2019 het Barrydale in Bloom begin om bystand by die Barrydale-kliniek se tuine te verleen en vanjaar sal mense kan sien hoe die projek gegroei het.

Barrydale in Bloom se projek vir 2020 is om die Hoërskool Barrydale se groente- en voedseltuin te help ontwikkel. Geld is hiervoor bekom en van die byeenkoms se opbrengs sal ook vir die ontwikkeling van die tuin gaan. Weens veiligheidsregulasies by die skool sal besoekers egter nie vanjaar die tuin kan besoek nie, maar daar word beoog om die tuin later te vertoon.

Datums en tye

Barrydale in Bloom vind op 10 en 11 Oktober plaas. Dit begin om 08:30 op die Lentelus-plaas waar besoekers op ’n toer geneem sal word.

Kaartjies (met kaarte) is van 10:00 te koop by die Hub, Life’s Bazaar in die hoofstraat of by die Magpie Art Collective se galery.

’n Gelukstrekking sal ook op 10 Oktober om 14:00 gedurende ’n Google Meet-sessie plaasvind.

Vir meer inligting besoek die webwerf, Facebook-groep, Facebook-blad of Instagram


Meer oor:  Barrydale In Bloom  |  Shane Petzer  |  Barrydale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.