Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Blomtyd-lekkertes: Kom reis saam
Die natuurlike verskynsel van die blomseisoen langs die Weskus in die Wes-Kaap lok tussen Augustus en September elke jaar duisende besoekers van oor die land en wêreld heen.

Al die goeie reën van die afgelope tyd voorspel ’n goeie jaar vir blomtyd in al die streke. Met al die ander aktiwiteite vir oud en jonk vir die dae wat die blomme nie wil gesig wys nie, is daar iets vir die hele gesin in al die blomstreke.

Maak seker jy reël 'n wegbreek om hierdie skouspel te beleef. Hier is 'n paar blomkyk-doendinge

Wees ’n toeris in jou eie land

Al die baie inperkings maak mense moeg om heeltyd by die huis te bly. Die blommetyd is die ideale verskoning om ’n bietjie uit te kom. Beplan nou jou reis.

Swartland se soete bekoring

Die Swartland is ’n juweel van ’n plek en beslis die moeite werd om te besoek. Daar is nie net blomme om te sien in die blomtyd nie, maar soveel meer vir jonk en oud.


Erfenisroete vat jou ver terug

* ’n Nuwe selfbegeleide toer is onlangs in Piketberg bekendgestel wat besoekers terugneem in tyd om die ryk geskiedenis van die dorp te ervaar.

* As jy meer wil leer oor die geskiedenis van Malmesbury, moet jy beslis op die Erfenistoer gaan.

Vertoef ’n bietjie in die Skiereiland

Veldblomme, kortnek-kameelperde, voëls en vele meer. Die Weskus-Skiereiland sluit ’n groot kusgebied in met dorpe soos Langebaan, Saldanha, Vredenburg, St. Helenabaai en binnelands, Hopefield.

Blomtyd in die Bergrivierstreek

Die Bergrivierstreek sluit plekke soos Piketberg, Porterville, Aurora en Velddrif in. Hier kan jy bederf word met plate blomme. 

Goeie reën en sneeu laat die veld blom

Dit sneeu in die Cederberge, dit reën honde en katte in Namakwaland en die Clanwilliam-dam se water loop oor sy wal. Clanwilliam is juis die plek om blomme te gaan kyk.

An adventure road trip along the back roads of the

Pluk die soet vrugte van Citrusdal

Die uitsig vanaf die Piekenierskloofpas is ongelooflik. Daar is ’n paar plekke op die pas waar jy vir ’n wyle kan stop om die panorama te geniet voordat jy by Citrusdal uitkom.

Namaqua-Weskus dié plek om te wees

Die Namaqua-Weskus is vol verrassings en daar’s altyd iets om te doen. Blomroetes is volop, met verskeie wynkelders op die Weskus-wynroete tussen Klawer, Vredendal, Lutzville, Doringbaai en Lambertsbaai waar jy kan stop om jou dors te les.

Skape, bokke en beeste in die blomme

Die vermoede is beslis sterk dat die beeste, skape en bokke van Namakwaland nog meer as die toeriste na die blommeseisoen uitsien. Jy moet net ’n slag ’n boerbok in die blomme sien as jy hieroor twyfel.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.