Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Bolplante tooi Noord-Kaap

Elrie Visser tussen die Maartblomme. Foto: Marzahn Botha
In ’n goeie reënjaar verf kandelaarblomme die heuwels by Nieuwoudtville in skakerings van wit, pienk en rooi, skryf Marzahn Botha.

Nieuwoudtville is blomwêreld. In die lente, mos.

Of so het ek gedink.

Dit was totdat ons die afgelope Paasnaweek ’n pienk tapyt van kandelaarblomme (Brunsvigia bosmaniae) teen die koppies van die Nieuwoudtville-veldblomreservaat in die Noord-Kaap raakgery het.

Inderwaarheid is Nieuwoudtville baiekeer in Februarie en Maart ook blomwêreld.

Dís wanneer dié bolplante in hul volle glorie blom. Maar net as daar genoeg reën val. Daar moet glo ongeveer 25 mm reën in Maart val vir die blomme om hul volle potensiaal te bereik.

Weens die laaste paar jaar se droogte was die blomtapyt maar mistroostig. Hierdie jaar is dit egter besonder mooi.

Volgens Riana Louw, werknemer by die bekende Van Zijl-gastehuis op die dorp, was daar vroeg in Maart ’n misreëntjie van 10 mm en teen die middel van die maand het lekker donderbuie sowat 15 mm gegiet.

Volgens Riana het die Maartblomme vanjaar redelik baie toeriste gelok. “Verlede jaar het dit uitgestoot, maar niemand kon dit weens die inperkings van die virus sien nie.”

Die jaar vantevore was dit weer nie so goed nie weens die droogte.

“As goeie reën nie naby Maart of in Maart kom nie, kry ons nie die Maartblomme nie,” sê sy.

Die blomme staan ook bekend as die koningskandelaarlelie, die Maartblom, marsblom of seeroogblom.

As goeie reën nie naby Maart of in Maart kom nie, kry ons nie die Maartblomme nie.

Daar is ook g’n meer gepaste groeiplek vir hulle as in Nieuwoudtville, bolplanthoofstad van die wêreld, nie.

Dié bedreigde spesie word goed bewaar in hierdie reservaat, waar meer as 300 inheemse spesies versorg word.

Gewoonlik is daar ’n lafenis van veldblomme tydens die blomtyd in Augustus en September, so ’n mens is half verras om in Maart te sien hoe die kandelaarblom se ondergrondse bolle ná goeie reën vlamvat.

Hulle stoot dan ’n vlesige stam uit en aan die bopunt ontvou ’n kandelaaragtige sfeer van 20 tot 80 van die allermooiste lelieblomme in skakerings van pienk, wit en rooi.

Toe ek my foto’s op Facebook plak, sê ’n vriendin van Langebaan: “Ons het hier in Langebaan dan rooies.”

Ek het gaan uitvind en die rooier lelies wat kuslangs blom is ’n ander variant.

Jy sal die Maartblomme gewoonlik ook in sanderige, laagliggende gebiede van Namakwaland, die Kaapse Skiereiland en om Plettenbergbaai, aan die Tuinroete, opspoor.

Die kandelaarblom – met ’n blomkop wat tot 60 cm kan groei – spog met ’n magdom bygelowe wat daaroor vertel word.

'Voetspore'-wenners

Hulle wen elk ’n kopie van ’n Reisgids: Voetspore in Suid-Afrika: Alwyn Rossouw, Worcester; Laetitia Minnaar, Centurion; Elize Klopper, George; Susan Pieterse, Uitenhage; en Bertus Muller, Bloemfontein.

Meer oor:  Blomme  |  Nieuwoudtville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.