Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Dié hotel is trots groen

Verby is die dae toe jou luukse hotel se status gemeet is aan die gehalte van sy lakens en die uitsig vanaf sy terras. Om nie eens te praat van die grootte van die bad nie.

Wêreldwyd is dit ál minder sterstatus en ál meer groenstatus wat tel. Daarom is Marriott International se AC Hotel, wat onlangs net langs die V&A Waterfront in Kaapstad oopgemaak het, ’n trappie bo (baie van) die res.

Die AC Hotel net langs die V&A Waterfront bied 188 kamers met uitsigte op Tafelberg, Vlaeberg of Leeukop.Foto’s: JF Wiens

Die hotel het alles anders ook: Daar’s 188 ruim kamers met prentjiemooi uitsigte op Tafelberg, Leeukop of Vlaeberg. ’n Fynproewer-restaurant, biblioteek, fiksheidsentrum . . . Maar bowenal is dit die “groenfaktore” wat tel. Die ontsoutingsaanleg sorg vir water, want almal weet die Kaap se druppels is goud werd. Daar is ligsensors wat help om krag te bespaar en pompe wat water verwarm om van minder geisers gebruik te maak.

Verder is dit die klein dingetjies, soos strooitjies en ander verpakkingsmateriaal wat herwin kan word, wat hierdie hotel laat uitstaan. “In vandag se tyd kan ’n mens net nie meer ons natuurlike hulpbronne wat opgebruik word, miskyk nie. Daarom is ons toegewy om groen inisiatiewe bekend te stel wat sal help om ons planeet te red en dit te bewaar vir toekomstige generasies,” sê Michael Liffmann, die hotel se hoofbestuurder, wat al 20 jaar se ervaring in die bedryf hier en oorsee het.

Die AC Hotel se kombuis bied heerlike Spaanse tapas. Foto:

Die AC Hotel-konsep is vir moderne reisigers. Eerstens word die ontwerp beskryf as “tydloos Europees”. Die AC Lounge is ’n gemeenskaplike werksarea bedags en saans word dit ’n kuierplek waar jy ’n boetiekbier kan geniet en gesels en kuier met die ander gaste. Die kombuis bedien Spaanse tapas, terwyl jy ook ’n wegneemete by die AC Market kan koop.

Vir sakereisigers is die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum binne stapafstand en vir toeriste bied die V&A Waterfront net ’n klipgooi verder toegang tot vermaak soos die Zeitz-kunsmuseum, die Rooibus en toegang tot Robbeneiland.

Boonop bied die hotel sowat 100 nuwe werksgeleenthede.

Die pryse van kamers in die AC Hotel begin by R1 911 per nag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.