Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Die reën het gekom! Die donderweer se gawe
Donderwolke dreun oor die Sneeubergreeks, naby Murraysburg in die Karoo. ’n Boorling van die omgewing, Jan-Hendrik Swiegers, het dié foto op 4 Januarie op Josias Cloete se plaas De Vlei geneem. Daardie dag het sowat 15 mm reën op die plaas geval. ’n Mens kan sien dit was darem ook nie die eerste reën van die seisoen nie. Foto: Jan-Hendrik Swiegers

Die reën in gewoonlik dorre gebiede is deur mens en dier verwelkom, skryf Alet Wichmann.

Reën het lanklaas so wyd in Suid-Afrika geval. Veral in die Karoo en Kalahari is dit of ’n mens die verligting in die veld kan sien.

Rapport Beleef se rubriekskrywer Nico van Gijsen vertel hy en sy gesin is gereelde besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark. Hulle was die afgelope Kerstyd weer daar en vertel hulle het die park die afgelope vyf jaar nie so mooi groen gesien nie. “Dit het my weer opgeval hoe vinnig die omgewing verander, sommer ná die eerste goeie bui reën. Dit neem net sowat twee dae vir die groen om deur te kom.”

Die kinders het nie op hulle laat wag nie en die geleentheid gebruik om modderkoekies te bak. Voor is Nicolas (9) en Lia (10) en agter Xander (8) en Jana van Gijsen (7). Foto’s: Nico van Gijsen

Reën het mildelik in die park geval. By die Nossob-ruskamp het 97 mm sedert begin November geval. By Mata-Mata, wes daarvandaan, is 173,3 mm gemeet en Twee Rivieren het 194 mm gekry. Dis egter by die Kamqua-piekniekplek, halfpad tussen Mata-Mata en Twee Rivieren, waar die meeste reën (243 mm) gemeet is, terwyl die Kransbrak-watergat 240,2 mm gekry het.

Baie dele van die droë Karoo was ook gelukkig.

Jan-Hendrik Swiegers het foto’s gestuur wat hy die afgelope week van ’n reënstorm by Murraysburg geneem het.

’n Sopnat gevlekte ooruil beskou sy “nuwe” omgewing.

Dié troppie springbokke het die vars groenigheid in die Auob-rivierbedding geniet.

Die stofpaaie van die Kgalagadi-oorgrenspark het riviere geword.

Meer oor:  Karoo  |  Kalahari  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.