Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Dié vakansieplekke op SA’ners se lysie, verklap Google

Suid-Afrikaners wat nie kan wag om in die buiteland te gaan vakansie hou nie, wonder waarheen hulle nou eintlik mag gaan.

Die Google South Africa Trend-webwerf wys wat die topbestemmings is waarna Suid-Afrikaners tans op die internet soek. Van 25 September tot 1 Oktober was die meeste soektogte na vakansiebestemmings in Suider-Afrika:

1. Suid-Afrika

2. Mosambiek

3. Namibië

4. Botswana

5. Lesotho

6. Swaziland

7. Zimbabwe

Die gewildste vakansiebestemming in Europa waarvoor mense inligting gesoek het, was:

1. Brittanje

2. Duitsland

3. Italië

4. Nederland

5. Spanje

6. Griekeland

7. Ierland

8. Portugal

9. Switserland

10. Rusland

Mense wou veral weet van watter lande mense nou weer na Suid-Afrika mag reis, of Suid-Afrikaners na die VSA mag reis en watter grense nou oop is. Ander topsoektogte was of Suid-Afrikaners na Mauritius, China of Brittanje mag reis en of Amerikaners na Suid-Afrika kan reis.

Gewilde vakansie-verwante soektogte sluit in:

1. Romantiese wegbreek Hartbeespoort

2. 20-slaapplek-vakansiehuis in Noordkus

3. Birah-vakansieoord

4. Thailand-pakkette

5. Vakansiebestemming

6. Vakansiewerk vir studente

7. Wanneer is skoolvakansies?

8. Droomvakansieklub-bonus-wegbreke

9. Vakansie-aanbiedinge Suid-Afrika

As die bogenoemde soek-tendense enigsins ’n aanduiding is, het Suid-Afrikaners ’n wye en uiteenlopende lys van plekke wat hulle op kort termyn wil besoek, lui ’n verklaring van Google.

Dit sal goeie nuus wees vir die toerismesektor wat reeds kwaai deurgeloop het onder streng inperkingsreëls en angstig gewag het dat die land se grense heropen.

Soek-belangstelling word op ’n indeks van 0 – 100 aangeteken en enigiets hoër as 40 dui op ’n hoë vlak van soek-belangstelling vergeleke met ander soektogte.

Regstreekse soektogdata is beskikbaar op die Google South Africa Trend-webwerf.

.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.